Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kla so by Tot u diens
Weens die volume klagtes wat ons weekliks ontvang, is dit makliker om die klagtes aan te stuur indien verbruikers 'n telefoonnommer en faksnommer vir die maatskappy verskaf. Klagtes wat gestuur word sonder die maatskappy se besonderhede, vat langer om op te los as ons eers die maatskappy se besonderhede moet opspoor, veral as dit nie 'n groot maatskappy is nie. Dit is ook belangrik dat verbruikers hul eie kontakbesonderhede, soos 'n faksnommer of posadres verskaf, sodat ons die antwoorde wat ons van maatskappye kry, kan aanstuur om vas te stel of die klagte na wense opgelos is of nie. So spaar ons tyd om verbruikers se kontakbesonderhede op te spoor en verbruikers hoef nie onnodig te bel om te hoor of hul klagtes al opgelos is nie. Uit die aard van die saak is dit moeilik om te sê hoe lank dit gaan neem om 'n klagte op te los, aangesien sommige klagtes langer vat om ondersoek te word deur die betrokke maatskappy, terwyl ander klagtes sommer gou opgelos kan word wanneer die senior bestuur daarvan ingelig word as hulle die klagte van ons ontvang. By Tot u diens streef ons daarna om klagtes so gou as moontlik op te los omdat ons besef dat 'n klagte 'n verbruiker se lewe erg kan versuur en indien verbruikers ons help met al die besonderhede wat ons nodig het, kan ons dit baie vinniger doen. Stuur klagtes per pos na Posbus 333, Auckland Park, 2006, faks dit na 011 713 9956 of e-pos dit na totudiens@beeld.com.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|