Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Verbruikersforum
Hol uit en soek sein in die reën Mnr. Philip van Rensburg van Klerksdorp het by ons kom kla omdat hy so sukkel met sy sein van Vodacom nadat hulle sowat nege maande gelede na ’n voorstad van die dorp verhuis het. Hy sê hy het al tien jaar lank ’n kontrak met Vodacom, maar sukkel nou so dat hy nie meer weet watter kant toe nie. Hulle kry glad nie ’n sein nie en moet buite toe storm al reën dit hoe hard om hul fone te gebruik. Hy het ten duurste ’n antenna laat installeer, maar dit het ook nie gehelp nie. Hy sê toe hy by Vodacom gekla het, het hy net leë beloftes gekry. Hy sê hy sal graag wou weet wanneer Vodacom beplan om iets aan die probleem te doen. Vodacom het in reaksie op Van Rensburg se klagte bevestig dat hulle nou ’n nuwe toring beplan en net wag vir toestemming om met die konstruksie daarvan voort te gaan. Hulle het egter aangebied om Van Rensburg sy kontrak te laat kanselleer, maar hy het die aanbod van die hand gewys. Sekuriteitshek sonder slot Dit help nou veel jy het ’n veiligheidsdeur maar dit het nie ’n slot nie. Toe mnr. O. Coetzee van Noordwes se klagtes daaroor nie vrugte afgewerp het nie, het hy sy lot by ons kom bekla. Hy sê die deure is net voor Kersfees deur ’n verteenwoordiger van Trellidor geïnstalleer. Die afrondingstroke aan die agterdeur is nog nie ingesit nie en die deur skuif moeilik. Hy is belowe dit sou die volgende dag herstel word, maar dit is nie gedoen nie. Die installasie by die voordeur is ook so swak gedoen dat die hele deur vervang moet word. Die slot is ook nie gemonteer nie en daar het niks gekom van die belofte om die slot aan te stuur nie. Boonop is die vloerteëls in die kamer gebrand deur die sweismasjien en die pleister aan die muur is beskadig. Trellidor het laat weet Coetzee se klagte is deur die hoofkantoor ondersoek en alles waaroor hy gekla het, is nou tot sy bevrediging opgelos. Hulle stem ook saam dat die werk glad nie bevredigend gedoen is nie. Die maatskappy is trots op hul diensvlakke en enige swak diens word in ’n baie ernstige lig beskou. Aangesien die betrokke konsessie-houer van Trellidor nie aan hul standaarde voldoen het nie, is daar toe besluit om dadelik bande met hulle te verbreek. Bank weet ‘te veel’ van haar Om uit die bloute ’n oproep van ’n bank te kry om te vra wanneer jy jou oortrokke rekening gaan vereffen terwyl jy nie eens ’n rekening daar het nie, laat mens wonder hoe hulle in die eerste plek jou inligting gekry het, het me. Jeanene van Zyl van Kaapstad geskryf. Sy sê die persoon van Standard Bank het gevra wat haar ID-nommer is, maar sy wou dit nie gee nie. Toe hy die een lees wat hy vir haar het, was dit hare. Van Zyl is toe na die naaste Standard Bank-tak en daar is gevind daar is ’n vrou met die voorletter J en dieselfde van wat ’n rekening het met haar ID-nommer. Die adres was een waar sy voorheen gewoon het en die telefoonnommer op die stelsel was haar huidige nommer. Van Zyl het toe onthou dat sy jare tevore ’n Blue Bean-kaart gehad het wat sy ná ’n paar maande gekanselleer het omdat sy dit nie gebruik het nie. Standard Bank wil nou meer en meer inligting van Van Zyl hê om die klagte te ondersoek, maar Van Zyl sê sy voel nie gemaklik daarmee nie omdat haar inligting klaar misbruik is. Standard Bank se hoofkantoor het op ons versoek ondersoek ingestel en gevind dat met ’n onlangse opgradering van hul databasis die twee J. van Zyl’s op dieselfde kliënteprofiel beland het omdat net die laaste vier nommers van hul ID-nommers verskil. Dit is nou reggestel en hulle het Van Zyl om verskoning gevra vir die stelselfout en die ongerief wat dit veroorsaak het. Moet jaar wag voor eerste eis Hoewel ons gewoonlik nie by kettingbriewe oor maatskappye se swak diens betrokke raak nie, het ’n brief oor ’n baba wat vroeg gebore is ons aandag getrek en ons het die aangeleentheid met Discovery Health opgeneem. Klein Adrian was nie lid van ’n mediese fonds toe hy vroeg gebore is nie en sy grootouers het hom uiteindelik op hul mediese fonds, Discovery, gekry. Daar is egter ’n wagperiode van drie maande en geen eis wat verband hou met die feit dat hy vroeg gebore is, sal vir ’n tydperk van een jaar aanvaar word nie. Dit het sy ma so ontstel dat sy ’n internetpetisie begin het wat deur byna 400 mense onderteken is. Sy ma het gesê dit beteken niks vir haar dat hy nou lid is nie, omdat hulle vir ’n hele jaar sy mediese onkoste self moet betaal en hulle dit nie eintlik kan bekostig nie. Sy meen mediese fondse is daar vir siek mense en nie vir gesonde mense nie. Discovery se reaksie was dat hulle eerstens die aansoek afgekeur het omdat die groot?ouers van Adrian nie sy wettige voogde is nie en sy ma nie voorheen ’n lid was nie. Sy grootouers het eers ná sy geboorte aansoek gedoen om hom as afhanklike op h?lle fonds by te voeg. Volgens Discovery se reëls kan hulle egter net kinders byvoeg as afhanklikes indien die hooflid die wettige voog is. Nadat hulle ’n tweede versoek ontvang het om Adrian en sy ma as afhanklikes by te voeg, het Discovery dit wel oorweeg om Adrian by te voeg. Hulle kon egter nie sy ma oorweeg nie omdat sy te veel verdien om as afhanklike op haar ouers se fonds gevoeg te word. Hulle het toe ’n diskresionêre besluit geneem en Adrian op sy grootouers se fonds geplaas. Lidmaatskap is steeds onderhewig aan die fonds se reëls en wagtydperke. Dit beteken dat die nuwe lid vir twaalf maande nie dekking het vir behandeling vir ’n toestand wat bestaan het voordat hy lid geword het nie. Discovery het gesê hulle pas die wagtydperke toe om al hul lede te beskerm en om mense aan te moedig om aan te sluit terwyl hulle nog jonk en gesond is. Bly in ‘greep’ van kontrak Ná desperate pogings om sy klagte by Nashua Mobile opgelos te kry, het mnr. C. Joubert van Pretoria by ons kom raad vra. Hy probeer al maande lank om sy kontrak met hulle te kanselleer omdat dit verstryk het, maar dit gebeur net nie. Joubert sê hy wil graag sy nommer behou en na ’n ander diensverskaffer skuif en hy het al die nodige stappe gedoen. Hy het aanvaar alles is gedoen omdat hy ’n teksboodskap met dié strekking gekry het, maar kry toe weer ’n rekening van Nashua Mobile af waarop sy oproepe geregistreer is. Sy klagtes word elke keer na die hoofkantoor verwys, maar hy sê hy kry geen reaksie nie. Al wat hy kry, is aanmanings van Nashua Mobile om sy rekening te betaal, maar hy wil nie omdat hy nie meer die kontrak as geldig beskou nie. Sy nuwe diensverskaffer probeer ook intussen sonder sukes om sy nommer oor te neem. Ons het Nashua Mobile se hoofkantoor gevra om te help en Joubert het nou laat weet dat die probleem opgelos is en sommer vinnig ook. Hy sê dit was vir hom opmerklik hoe vinnig hulle bereid was om die probleem op te los toe ons tussenbeide getree het nadat hulle maande lank nie sy briewe beantwoord het nie. Hy het ons bedank vir ons hulp. En wég is my TV-onderskrifte Mnr. Antonie Prinsloo van Pretoria het by ons kom raad vra oor MultiChoice wat hom baie bly gemaak het toe hulle aangekondig het dat DStv sommige programme met onderskrifte sou uitsaai aangesien hy hardhorend is. Hy sê dit is vir hom moeilik om programme te volg. In Desember is sy dekodeerder egter met ’n PVR vervang en hy was erg ontnuger toe hy agterkom dat hy nie meer toegang tot onderskrifte het nie. Volgens Prinsloo sukkel hy al weke lank om vas te stel of sy PVR probleme gee en of dit ’n algemene probleem is. Ons het MultiChoice gevra om te help en hulle het laat weet dat hul ingenieurs met Prinsloo in verbinding getree het en Prinsloo sal inskakel by hul onderskriftoetsing. Ontvanger pluk sy beursie uit Nadat mnr. Hendrik Venter van Randfontein in Oktober verlede jaar al die Ontvanger op skrif gevra het vir ’n volledige rekonsiliasie van sy aanslag vir die vorige twee belastingjare, het hy niks gekry nie. Hy het dit aangevra omdat die Ontvanger hom laat weet het hulle skuld hom net meer as R17 000 en toe weer laat weet het dit was ’n fout. Hy het toe net die helfte gekry en sou die res kry as sy IRP5-vorms korrek was. Daarna het hy weer ’n brief gekry dat die Ontvanger hom hierdie keer meer as R75 000 skuld en weer gehoor dit was ’n fout. Dié keer het hy hulle glo net meer as R15 000 geskuld. Volgens Venter het hy nie ’n probleem om die wet van Transvaal na te kom nie, maar dan wil hy seker wees hy betaal die korrekte bedrag. Ons het die Ontvanger se hoofkantoor gevra om ondersoek in te stel na hierdie deurmekaarspul en Venter het nou laat weet dat die Ontvanger hom per brief laat weet het al die misverstande is uit die weg geruim en dat hulle hom nou ’n bedraggie skuld wat hy eersdaags sal kry. Hy het ons bedank vir ons hulp. Al wat egter opdaag, is die geld. Sy het al twee keer gebel en niks uitgerig gekry nie. Die Ontvanger het laat weet dat hul ondersoek gewys het haar aanslag is nou gehef. Daar is verkeerde inligting op hul stelsel en sy kan nou nie haar aanslag indien nie. Volgens die Ontvanger is haar klagte nou opgelos en sy het haar terugbetaling gekry. Sy het haar vorms reeds in Augustus ingegee en tot nou toe nog geen uitsluitsel gekry nie. Elke keer as sy bel, hoor sy net hulle werkvloei is baie hewig. Dit is vir haar onaanvaarbaar. Die Ontvanger het laat weet dat ook sy nou haar geld ontvang het. Die Ontvanger se hoofkantoor het ondersoek ingestel en sê ook Hattingh het nou sy uitbetaling gekry. Toe hy teen November navraag doen omdat hy nog niks gehoor het nie, is hy ingelig dat hy maar in Januarie weer moet bel omdat die personeel nie juis veel doen nie en al in ’n vakansiebui is. Hy is ook vies omdat hy nie met ’n senior personeellid gepraat kry nie. Volgens die Ontvanger is Rautenbach nou ook terugbetaal. Al antwoord op hul navrae is dat dit nog nie verwerk is nie. Die Ontvanger sê ook De Klerk het nou sy terugbetaling gekry. Nadat sy haar vorms ingegee het, is sy laat weet dat daar inligting ontbreek oor haar afhanklikes. Sy het geen afhanklikes nie en het op haar vorm gaan seker maak dat dit daar staan. Al antwoord wat sy nou kry wanneer sy navraag doen, is dat haar aansoek onvolledig is en dat sy dalk nog daarvoor beboet gaan word. Ook Von Stade is volgens die Ontvanger reeds terugbetaal. Ná baie sukkel wil hy net loop Mnr. J. Smith van Naboomspruit het by ons kom kla omdat hy net probleme met Altech Autopage Cellular het nadat hy verlede jaar in Maart sy kontrak daar hernu het. Eers het hy maandeliks te veel betaal. Van beloftes dat dit opgelos sal word, het niks gekom nie. Smith was so vies dat hy sy bank opdrag gegee het om betalings aan Autopage te staak. Daarna het hy hulle per brief laat weet waarom hy dit doen, maar geen terugvoering gekry nie. In Desember is twee van die probleme skielik op sy rekening reggestel en Smith het met ’n lied in sy hart sy deel met ’n tjek betaal. Dit het egter nie lank gehou nie, want die volgende rekening wys toe dat hy ’n tjek van R22,14 gegee het in plaas van R292,65! Smith het in ’n brief aan Autopage daaroor gekla met die hoop dat hierdie probleem ook uiteindelik opgelos gaan word, maar dit het nie gebeur nie en hy het niks van hulle gehoor nie. Smith wil nou sy kontrak opsê omdat hy meen Autopage het kontrakbreuk gepleeg. Autopage het ondersoek ingestel toe ons hul kommentaar gevra het en gesê daar was inderdaad fout met Smith se rekening, wat wel reggestel is. Ongelukkig is die bedrag op sy tjek verkeerd in die stelsel ingevoer en dit is nou reggemaak. Om te vergoed vir die ongerief het Autopage hom twee maande se huur gratis aangebied, maar Smith het dit van die hand gewys en gesê hy wil net sy kontrak kanselleer. Autopage sê dit is nie moontlik nie. Nuwe foon net vae belofte Cell C kon sedert November nie daarin slaag om die foon vir haar te kry wat me. Magda Nel van Vrede gekies het toe sy opgradeer het nie omdat die betrokke model glo uit voorraad was. Nou het sy maar by ons kom kla omdat sy voel haar klagtes dáár val op dowe ore. Toe sy in Februarie nog niks gehoor het nie, het Cell C belowe iemand sal haar bel sodat sy ’n ander foon kan kies. Niemand het gebel nie en Nel het weer in Maart gebel, maar weer is die belofte nie nagekom dat iemand haar sal terugbel nie. Intussen is haar maandelikse betaling klaar verhoog en dit word van haar bankrekening verhaal, maar sy sit nog sonder ’n nuwe foon. Cell C het ondersoek ingestel, iemand het haar nou gebel en sy kon ’n ander foon kies. Hulle sal nou seker maak dat sy die foon kry. Die agent se stelsel wys die foon is al in Oktober van die herstelsentrum teruggestuur, maar dit blyk nou dat die foon tussen die herstelsentrum en die winkel weggeraak het. Hy sê hy hoor al nege maande lank dit sal net nog ’n week vat om sy klagte op te los, maar niks gebeur nie. Hy sit nou sonder ’n foon, wat intussen al ’n ou foon geword het. Volgens Cell C se hoofkantoor is die selfoon vervang. Telkom-lyne bly lank stukkend Na aanleiding van al die klagtes wat ons oor Telkom kry, het me. Sigrid Coetzee van Randburg ook by ons kom kla omdat haar landlyn al sedert Januarie ná ’n storm buite werking is. Die stukkende lyn is al verskeie kere aangemeld, en in Februarie het ’n tegnikus opgedaag en die lyn herstel. Net die volgende oggend was die foon egter weer buite werking en middel Maart het iemand weer kom kyk waarna die foon weer net vir vier dae gewerk het. Sy sê sy is baie moedeloos en is vies dat sy al drie maande betaal vir ’n diens wat sy nie het nie. Sou sy ophou betaal, moet sy weer ’n aansluitingsbedrag betaal indien die lyn ooit herstel word. Ons het dieselfde dag as wat Coetzee gekla het haar klagte onder die aandag van Telkom se hoofkantoor gebring. Me. Coetzee het ons die volgende dag laat weet haar lyn is nou herstel, hopelik heeltemaal. Sy het ons bedank vir ons hulp. ’n Tegnikus het wel vier weke gelede opgedaag om haar lyn te herstel, maar het gesê die oorsprong van die probleem is by ’n paal in ’n erf ’n paar huise van haar af. Die huiswerker daar weier egter om hom toegang tot die eiendom te gee. Sy sê sy kan die tegnikus se probleem met toegang heeltemaal verstaan. Sy het egter die versekering gekry dat die tegnikus sal reël vir toegang en die werk dan sal doen, maar niks het verder gebeur nie. As sy nou bel om te kla by Telkom, staan daar op die monitor “not available”. Sy sê sy kon by vyf verskillende mense dit nie tuisbring dat dit juis die probleem is nie. Zietsman is selfs bereid om self met die eienaars van die betrokke eiendom te gaan praat, maar sy is nie seker of die tegnikus dan sal opdaag nie! Sy meen Telkom kan nie ’n klagte wat net ’n bietjie ingewikkeld is en dinkwerk vereis, hanteer nie. Ons het Zietsman se klagte dieselfde dag wat sy by ons gekla het onder die aandag van Telkom se hoofkantoor gebring. Haar lyn is die volgende dag herstel.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|