Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Klagte van die week: Visumprobleme kelder reis
Kilimandjaro is baie Afrikaners se droom en daarom was mnr. Piet Goosen van Stilfontein baie opgewonde om soontoe te gaan op ’n ekspedisie wat deur Destination Africa Tours gereël is. Hy het vooraf by hulle bevestig dat dit nie ’n probleem sou wees om ’n visum in Tanzanië te kry nie. Toe hy egter in Dar es Salaam aankom, was die tou vir visums so lank, dat hy sy vlug na Kilimandjaro verpas het. “Ek het die agentskap dadelik gebel en ons het ooreengekom dat ek op my onkoste in die stad sou oornag en dit later van hul versekering sou terugeis. “Terug in Suid-Afrika in Augustus verlede jaar het ek dit gedoen, maar drie maande later gehoor die eis is afgewys omdat ’n sekere klousule bepaal ’n mens moet jou visum kry voordat jy vertrek. “Daarna het ek weer by die agentskap gaan kla en hulle het gesê ons kan ’n deel van die koste van die lugdiens terugeis, maar ek wil die volle bedrag terughê. “Later het ek gehoor hulle dink nie hulle is aanspreeklik nie, maar sal my vergoed as ’n sakebesluit. “Die geld sou in Februarie terugbetaal word, maar ek het nog niks gekry nie,” het hy geskryf. Goosen voel hy word aan ’n lyntjie gehou. Nadat ons die agentskap van sy probleem laat weet het, het hulle Goosen om verskoning gevra vir die vertraging en die volle bedrag aan hom terugbetaal.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|