Altyd met 'n glimlag
"Natalie is doodmoeg van al die opwinding en 'n lang vlug."
Kyk na video
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Is jou geld veilig in die bank?
Apr 27 2008 04:14:04:757PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Mens is maar altyd onder die indruk jou geld is veilig in die bank, maar is dit?

Dit was nie die ondervinding wat mev. L.J. Stone van Johannesburg gehad het nie.

Sy het begin April geld by ’n kitsbank van Standard Bank in Pretoria getrek en drie dae later het iemand van die bank haar gebel om te sê sy het net R50 in haar rekening oor!

“Ek was nie bewus van enige verdere onttrekkings nie en het die bank dadelik gebel om my kaart te kanselleer.

“Daarna moes ek verklarings gaan aflê by die polisie om ’n saaknommer te kry.

“Die rede waarom ek by julle kom kla, is omdat ek geen antwoorde van Standard Bank kry nie, want ek wil weet wanneer ek my geld wat ek gedink het veilig in die bank is, gaan terugkry.

“Ek het mos nie my kaart verloor nie! By die bank het my state egter gewys dat daar geld uit my rekening getrek is en dit het duidelik aangedui waar en hoe laat.”

Volgens Stone het Standard Bank gesê sy was kennelik die slagoffer van kaartkloning en het die saak na hul bedrogafdeling verwys.

So ’n ondersoek kan 25 dae duur, wat vir haar heeltemal onaanvaarbaar is .

Stone sê wanneer sy navraag doen, kry sy net ’n belofte dat iemand haar sal terugbel, maar dit gebeur ook nooit nie.

Standard Bank het binne ’n week laat weet dat hulle Stone ten volle vir haar verlies vergoed het.

Hulle het verduidelik dat hul kitsbankafdeling eers hul interne ondersoek moes afhandel voordat hulle haar kon terugbetaal.

Die geld is reeds in Stone se rekening inbetaal.

Stone het bevestig dat die geld reeds in haar rekening is.

Sy het ons bedank vir ons flinke reaksie op haar klagte en gesê die saak is daardeur opgelos en haar geld aan haar terugbesorg.

“Ek hoop net dat toekomstige bedrog van dié aard gestuit sal kan word deur die sekuriteit by kitsbanke en banke te verskerp,” het sy gesê.

Sy het haar opregte dank uitgespreek.

Kaartkloning vind plaas wanneer skelms ’n onwettige kaartleser by die kitsbank aanbring wat die inligting op die magnetiese band kopieer.

Hulle maak dan ’n nuwe kaart wat saam met jou geheime nommer wat hulle afgekyk het, gebruik word om jou rekening leeg te maak.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |