Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Vir seker nie ’n opsie!
Ina Opperman Petrol is duurder. Jou huis en motor word al hoe duurder soos rentekoerse styg. Kos word al hoe duurder. Nou gaan elektrisiteit ook duurder word. Daardie begroting wat jy aan die begin van die jaar met soveel verwagting opgestel het, begin al hoe meer lyk na die drome van iemand wat in Utopia bly. Jy sal jou pen moet uithaal en begin snoei aan jou begroting. Maar waar begin jy? Die luukshede is klaar daarmee heen en mens hoor heeltyd al gaan dit hoe sleg moet jy nie aan jou maandelikse bydrae tot jou spaargeld sny nie. Watter kant toe nou? Jy wil nie aan jou lewenspolisse raak nie. Dalk jou motorversekering? Jy was nog nooit in ’n ongeluk betrokke nie en jy is versigtig om te verseker jou motor word nie gesteel of gekaap nie. Miskien moet die motorversekering dus maar waai. Is dit ’n goeie idee? Koop slim met Ina het die vraag gaan vra aan die mense wat weet en hulle het deur die bank gesê dit is beslis nie ’n goeie plan nie. Betaal jou versekeringMnr. Wessel Steffens, hoofbestuurder van motor- en batefinansiering by Absa, sê dit is ’n probleem dat indien jy jou motorversekering staak omdat dit te duur raak, die rekening vir jou beursie is wanneer die motor iets oorkom. “Jy moet dan die skade aan die motor laat herstel en steeds jou motor afbetaal,” sê hy. Hy stel ook voor dat jy twee keer per jaar by jou motorversekeraar vasstel of jy nie dalk oorverseker is dienooreenkomstig die waarde van jou motor nie, maar waarsku verbruikers ook om op te pas vir onderversekering. Só pleeg jy kontrakbreukBy Wesbank sal jy ook kontrakbreuk pleeg indien jy jou motorversekering staak omdat hul kredietooreenkoms ook duidelik stipuleer dat jy die motor moet verseker terwyl jy die bank nog geld skuld daarvoor. “Indien ons vasstel dat jy wel die versekering gestaak het, kan ons die ooreenkoms kanselleer en die motor terugneem of daarop aandring dat jy dadelik nuwe versekering kry,” sê mnr. Chris de Kok, hoofbestuurder van verkope en bemarking by Wesbank. Hy sê dit is so dat hulle nie altyd agterkom dat jy jou motorversekering gestaak het nie. “Ons het egter ’n dramatiese toename in verliese waargeneem waar voertuie wat ons gefinansier het nie verseker was nie of onderverseker was. “Jy is dan in die moeilikheid by ons en dit kan jou kredietprofiel by die kredietburo affekteer sodat jy nie gou weer geld kan leen nie,” waarsku hy. De Kok se raad aan verbruikers wie se beursies erg begin knyp, is ook om liewer met hul motorfinansierder te gesels oor die probleem sodat hulle saam ’n oplossing kan vind. Bank kan dalk helpAs jou motorversekering regtig knyp, bel jou bank – dalk kan hulle help met goedkoper opsies. Só sê mnr. Karl Bauermeister, direkteur van verkope vir motorvoertuie by Standard Bank. “As jy nie meer motorversekering het terwyl jou motor nog gefinansier is nie, kan jy in groot moeilikheid beland as iets met die motor gebeur. Volgens jou krediet?ooreenkoms moet jy die motor verseker minstens vir solank jy ons geld vir die motor skuld en as jy ophou om die motor te verseker, verbreek jy die kontrak,” verduidelik hy. Die bank sal jou 24 uur kans gee om weer versekering te kry – daarna doen hulle dit namens jou en j? kry die rekening. ‘Ons wil nie jou kar hê nie’Die (onversekerde) motor is in ’n ongeluk, kan nie meer ry nie en dan hou die verbruiker op om die motorpaaiement te betaal. Dís volgens mnr. Johan de Beer, hoof van voertuigfinansiering by Nedbank, een van die bank se grootste probleme en laat dit die bank met ’n onversekerde verlies. Volgens De Beer gaan hulle wel na of hul kliënte nog hul motorversekering betaal, want as jy dit nie doen nie, is dit kontrakbreuk ingevolge die kredietooreenkoms. “As ons vind jy het opgehou om jou motor te verseker en jy skuld ons nog geld daarvoor, gee ons jou ’n paar versekeringsopsies om van te kies. Indien jy steeds nie betaal nie, moet ons maar die agterstallige premies invorder. “Ons wil nie jou motor hê nie. Ons wil jou help sodat jy self met jou motor kan ry,” is sy boodskap aan verbruikers. Tref liewer ’n ander reëlingDie Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging raai verbruikers ten sterkste aan om nie hul begrotings te begin sny deur hul motorversekering te kanselleer of te laat verval nie. Die vereniging het egter nie syfers oor hoeveel mense hul polisse wel kanselleer weens finansiële druk as daar byvoorbeeld ’n rentekoersverhoging is nie. “Ons is egter wel bewus daarvan dat dit gebeur,” het ’n woordvoerder gesê. Die vereniging se raad aan die eienaars van motors is om nie hul motorversekering onder sodanige omstandighede te laat verval of kanselleer nie. “Sny liewers op iets anders, want as jy nie versekering het nie, sal jy steeds verantwoordelik gehou word vir enige agterstallige bedrag wat jy verskuldig is aan die instansie wat jou motor gefinansier het. “Praat liewer met jou versekeraar en probeer om te reël dat jy ’n premie spring sonder dat die polis verval, maar dan moet jy ook in gedagte hou dat jy vir daardie maand nie verseker is nie.” Volgens die vereniging is die risiko om op Suid-Afrikaanse paaie te ry baie hoog met die ongeluksyfer. Motormisdaad is ook baie hoog in die land en daarom is dit belangrik dat jy nie jou motorversekering laat verval nie. Die vereniging sê die jaarlikse waardevermindering van jou motor gaan nie noodwendig ’n verskil maak nie, want die uitwerking van inflasie, wisselkoerse en rentekoersverhogings veroorsaak ’n styging in die koste van herstelwerk. Jou premie sal nie noodwendig verminder soos in die verlede nie omdat soveel verskillende faktore tot die berekening daarvan bydra. “Die beste raad is waarskynlik as jy nou motor wil koop, om te verseker dat jy ’n motor kies waarvan jy nie net die brandstof en onderhoudskoste kan bekostig nie, maar ook die maandelikse versekeringspremie,” sê die vereniging.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|