Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Verbruikersforum
Edgars-fout laat skuld oploop Aangesien dit vir me. Hettie Mienie van die Oos-Rand lyk asof ons die enigste mense is na wie maatskappye luister, het sy by ons kom kla oor haar Edgars-rekening. Sy sê na jare se probleemvrye diens van Edgars is haar rekening – en sy glo ook haar kredietprofiel – in sy kanon in omdat haar rekening wys haar betalings is agterstallig, terwyl sy weet dit kan nie wees nie. Volgens Mienie sukkel sy al maande lank om die probleem opgelos te kry, maar het maar in die begin die hoër paaiement betaal om haar kant skoon te hou. Sy het nou opgehou om die hoër bedrag te betaal. Nou word die bedrag wat sy nie betaal nie by die agterstallige bedrag gevoeg en dit groei aanhoudend. Mienie sê die bestuurder van die winkel het baie mooi probeer help, maar selfs sy kon niks uitgerig kry nie. Edgars se hoofkantoor het ondersoek ingestel nadat hulle van ons gehoor het. Hulle het verduidelik dat daar ’n tegniese probleem ingesluip het op Mienie se rekening wat gelei het tot ’n fout toe haar paaiement bereken is. Hulle het dit nou reggestel en ook haar rekord by die kredietburo herstel. Die rente op die agterstallige bedrag is ook teruggeskryf. Edgars het Mienie ook formeel per brief om verskoning gevra. Iemand koop op my Go Banking Me. Amanda Coetzee het by ons kom kla omdat sy so vies is vir Pick n Pay Go Banking nadat sy nog altyd tevrede was met hul diens. Sy sê omtrent nege maande gelede het sy agtergekom dat daar transaksies op haar kredietkaart deurgegaan het waarvoor sy nie verantwoordelik was nie. Coetzee het dadelik met Go Banking gesels en hulle het gesê sy moet ’n dispuutvorm invul en aan hulle faks. Sy het so gemaak, maar niks gehoor nie en verskeie briewe om te probeer vasstel wat aangaan, het ook niks gehelp nie. Volgens Coetzee het sy ook al verskeie kere hul dienssentrum gebel, maar niks verder gekom nie. Sy sê sy raak nou baie moedeloos, omdat sy onnodige rente op haar kredietkaart betaal. Pick n Pay go Banking het dadelik nadat hulle van ons gehoor het, ondersoek ingestel en die probleem opgelos. Hulle het die uitgawes wat sy betwis het aan haar terugbetaal en is besig om ’n interne ondersoek te doen oor wat gebeur het. Dis ’n gestoei op tuismarkplein Sy is nou moeg gespook met Homemark. Me. Susan Odendaal van Boksburg het by ons kom raad vra omdat sy al sukkel sedert Oktober 2007. Volgens Odendaal het hulle ’n klomp goed vir haar gestuur waarin sy nie belang gestel het nie en sy het hulle gevra om dit te kom haal. Binne sewe dae het ’n koerier opgedaag en die goedere kom haal, maar sedertdien word haar oproepe en dreigemente geïgnoreer deur Homemark as sy bel om haar geld terug te kry. Sy sê sy wil haar geld plus rente terughê. Homemark het ondersoek ingestel en sê Odendaal se selnommer op haar klagte aan ons kort een syfer en hulle kan dus haar besonderhede nie op hul stelsel opspoor nie. Hulle sal aanhou om haar op haar landlynnommer en per e-pos in die hande te probeer kry. Sy het in Augustus 2006 ’n Vibro Shape-masjien bestel en dit in November teruggestuur omdat dit nie werk nie. De Villiers sê na letterlik die honderdste oproep na Homemark het sy nog nie ’n masjien teruggekry nie. Sy sê hulle het belowe om ’n nuwe masjien aan te stuur omdat hulle nie die stukkende masjien wat sy aangestuur het, kon opspoor nie. Toe sy weer gekla het, is sy belowe dat haar geld aan haar terugbetaal sal word, maar dit gebeur ook nie. Volgens Homemark wys hul stelsel dat die pakkie wat aan De Villiers gestuur is, wel by die poskantoor afgehaal is, maar hulle kry geen bewys dat dit weer teruggestuur is nie. Hulle sê hulle stel nog ondersoek in en sal so gou as moont?lik ’n nuwe Vibro Shape aanstuur. Hy vertel hy het ’n teksboodskap van Homemark gekry dat hy ’n skeermes gewen het. Hy moes ’n nommer bel om dit op te eis. Toe hy bel, het hy gehoor hy moet R75 in hul rekening betaal en die bewys van betaling saam met sy besonderhede deurfaks. Hy het so gemaak en die faks al in Julie verlede jaar gestuur. Intussen het hy verskeie kere gebel om te hoor waar sy prys is – sonder enige reaksie. Van der Walt word elke keer verseker iemand sal hom terugbel, maar niemand bel nie en hy kry ook nie met ’n bestuurder gepraat nie. Van der Walt is ook vies omdat hy betaal het vir ’n prys waarvoor hy nie ingeskryf het of regtig gewen het nie. Hy wil nou net sy geld terughê. Homemark het in reaksie op Van der Walt se klagte gesê die prys is op hul stelsel gelaai en is uitgestuur vir aflewering. Hulle sê daar is egter geen verskoning vir die pakkie wat nie opgedaag het nie en hulle sal ’n nuwe een binne drie dae stuur. Hy sê hulle het verlede jaar vir hom goedere afgelewer wat hulle teen ’n spesiale prys verkoop het. Toe hy ’n vorige keer by hulle goed bestel het, het hy sy skoonsuster se kredietkaartnommer gebruik, maar dit duidelik gemaak dat hy dit eenmalig gebruik. Met die tweede bestelling het hy dit duidelik gemaak dat die geld nie van dié kredietkaart verhaal moet word nie. Dit het egter sowaar gebeur en Van Rensburg sê hy is woedend vir Homemark omdat hulle nie sy instruksies gevolg het nie. Homemark het gesê Van Rensburg het al die produkte gebruik en selfs die versapper omgeruil en hulle kan nie begryp waarom hy nou kla oor hoe hy betaal het nie. Dit klink asof hulle meen hy moes alles teruggestuur het en die geld teruggeëis het. Hulle sê dit is die eerste wat hulle van sy klagte hoor! Homemark het geen verdere oplossing vir die probleem gebied nie. Sy het die teksboodskap in Desember gekry en toe sy bel, gehoor sy moet R99 betaal vir aflewering. Die konsultant het toe gevra of sy nie sou belang stel om ook ’n spesiale kussing teen R269 te koop nie. Sy het ingestem, maar die bedrag wat van haar rekening verhaal is, is R130 meer. Toe sy navraag gedoen het, is sy meegedeel dat die ekstra bedrag vir belasting is, maar Ellis voel hulle het haar mislei. Sy het toe die koop gekanselleer en die goedere is nie aangestuur nie, maar die bedrag wat van haar bankrekening verhaal is, is steeds nie terugbetaal nie. Homemark het in reaksie op Ellis se klagte gesê haar bestelling is wel by die koerier gekanselleer, maar weens ’n misverstand is die terugbetaling nog nie gedoen nie. Hulle sal nou sorg dat sy haar geld terugkry. Ontvanger wil net hê, hê, hê Mnr. Stephen van Winkel van Roodepoort het geskryf om te kla oor die Ontvanger waar hy al in Oktober sy opgawe ingedien het. Na vele navrae en e-posse het hy nog geen antwoorde op sy vrae oor die opgawe gekry nie. Al wat hy hoor, is dat die opgawe op die stelsel ingevoer is, maar dat dit nog nie geprosesseer is nie. Van Winkel sê hy weet van verskeie mense wat hul opgawes op dieselfde tyd ingedien het en al hul terugbetalings ontvang het. Hy skryf dat wanneer hy self by die plaaslike kantoor navraag gaan doen, daar ander mense is wat net soos hy dieselfde klagte het. Volgens Van Winkel voel dit asof hy met ’n muur redeneer. Nadat ons die Ontvanger se hoofkantoor gevra het om ondersoek in te stel, het hulle nou laat weet dat Van Winkel wel sy terugbetaling gekry het. Nadat hy by ’n staatsdepartement bedank het, is sy pensioen-uitbetaling soos vereis word na die Ontvanger se kantoor verwys. Toe hy egter sy opgawe vir vanjaar ingedien het, het hy gehoor hy skuld die Ontvanger nog R20 000. Hy sê na vele oproepe kon hy nog steeds nie vasstel wat die probleem is nie en niemand by die hulpsentrum kan eintlik help as jy bel nie. Malan wil weet hoe hy hulle uit die bloute geld kan skuld en hoe dit hulle ’n jaar kon neem om dit agter te kom. Buitendien was dit hulle fout omdat hulle self die berekeninge gedoen het met sy pensioen en hul deel gevat het voordat die res aan hom uitbetaal is. Malan sê hy gaan nie die spit afbyt omdat hulle nalatig was nie. Hy meen min huishoudings het sommer net R20 000 beskikbaar om die Ontvanger tevrede te stel. Ons het die Ontvanger se hoofkantoor gevra om ook met Malan se klagte te help en hulle het laat weet dat die aanslag nou gewysig is. Sy sê sy het al einde Januarie haar vorms ingegee. Wanneer sy egter deur die hulplyn probeer vasstel wat van haar aanslag geword het, word dit nie beantwoord nie. Sy sê sy weet nie of die mense almal weg is of verdwyn het met al die kragonderbrekings nie, maar sy kry niemand om haar navraag te hanteer nie en het besluit om ons hulp te vra. Volgens die Ontvanger se hoofkantoor het daar IRP5’s kortgekom by Hollier se aanslag. Nadat sy dit aangestuur het, het hulle haar aanslag afgehandel. Waar is daardie eishanteerder? Outsurance se gesloer met Mnr. Conroy Marais se uitbetaling het hom genoop om by ons te kom kla. Hy sukkel al sedert November met herstelwerk wat hulle vir hom moes doen. Hy het die deposito reeds in November betaal. Toe hulle nie die herstelwerk in Desember kon doen nie, het hulle aangebied om die bedrag in sy rekening in te betaal as hy die werk self sou reël. Die probleem is dat hy geen reaksie kry van die persoon wat sy eis hanteer nie. Nadat ons Outsurance geskakel het oor Marais se probleem, het hy laat weet dat die geld in sy rekening inbetaal is.
Alarms jaag hul teen die mure uit Toe Me. P. M. van der Walt agterkom dat haar ADT-alarm – waarvoor sy R305 per maand betaal – nie werk nie, het sy by ons kom kla. Sy sê sy het verlede jaar ’n alarmstelsel deur Mint Security, ’n ADT-agent, laat installeer. Tot haar skok het sy agtergekom dat die alarm nie aanskakel as iemand in die huis beweeg nie. Sy het Mint Security gekontak en hulle het belowe om iemand uit te stuur. Dit was egter volgens haar net die begin van belofte op belofte. Die alarm gaan ook nou aan in die nagtelike ure vir geen rede nie en ADT skakel getrou, – net om uit te vind alles is reg. Sy sê sy aktiveer nou liewer glad nie die alarm nie sodat hulle ten minste ’n goeie nagrus kan kry. “Van der Walt meen sy betaal nou vir iets wat dit nie werd is nie. ADT het laat weet dat hulle Van der Walt se klagte ondersoek. Hulle het om verskoning gevra vir die ongerief en haar met twee maande se gratis reaksiediens vergoed. Hulle huur sedert 2006 ’n alarmstelsel by ADT. In 2007 het die weerlig die kragpaal voor hul huis getref en die alarmstelsel beskadig. Hulle het ongeveer twee weke gewag vir iemand om die toestel te kom herstel. Pretorius sê haar man is elke keer na iemand anders verwys en daar was ook onsekerheid daaroor of hulle die toestel gekoop het en of hulle dit huur. Toe iemand uiteindelik die toestel herstel het, het hulle vir Pretorius ’n faktuur gegee waarop gestaan het dat hulle niks skuld nie. Net na Kersfees het die Pretoriusse egter ’n staat van ADT ontvang wat hulle ingelig is dat hulle die maatskappy R1 407,90 skuld. Pretorius is deurgeskakel na die rekeningafdeling wat haar belowe het dat hulle die klagte sal ondersoek, maar hulle het nooit teruggekom na haar toe nie. Sy sê hulle weet nie meer wat om te doen nie en hulle kry nou al dreigbriewe oor die bedrag. ADT het laat weet dat Preto?rius nie verantwoordelik is vir die weerligdekking nie. Hul kredietkontroleerder het blykbaar nie die weerligdekking geaktiveer tydens die opstel van die faktuur nie. ADT het nou bevestig dat hulle die faktuur reggestel het. Geld onttrek na kontrak verstryk Toe Autopage ’n groot bedrag geld uit mnr. Ernst Eloff van Polokwane se bankrekening onttrek het vir “porting en huur” het hy by ons kom kla. Sy selfoonkontrak het in November verlede jaar verval. Aan die einde van die jaar het hulle R2 480,92 uit sy bankrekening onttrek. Hy het vir hulle ’n e-pos gestuur om hulle in te lig oor die probleem en hulle het belowe om vir hom terugvoering te gee. Dit is egter nou drie maande later en die geld is steeds nie terugbetaal nie. Van hul beloftes om hom binne 24 uur terug te bel, kom daar ook niks van nie. Nadat ons vir Autopage laat weet het van Eloff se probleem, het hulle laat weet dat hulle sy rekening met die betrokke bedrag sal krediteer. Huishulp sê nee vir Telkom-werk Nadat me. Maresa Zietsman van Zwartkop probleme ondervind het met haar Telkom-telefoonlyn, het sy by ons om hulp kom aanklop. Die Telkom-tegnikus wat opgedaag het nadat die fout aangemeld is, het verklaar dat sy presies weet waar die fout is. Blykbaar is die paal waar die probleem is op ’n erf ses huise weg, maar die huiswerker wou haar nie inlaat nie. Sy het Zietsman egter verseker sy sou aanklop as die eienaars by die huis is, maar dit was die laaste sien van haar! As sy nou die klagtesentrum bel, staan daar op die monitor “Not available”. Sy kry ook die antwoord dat hulle besig is om die lyne te herstel, maar hul lyn werk steeds nie. Zietsman is nou besig om ’n volle maand se huur te betaal vir ’n diens wat sy nie eers kan gebruik nie. Nadat ons vir Telkom gevra het om aandag te gee aan Zietsman se klagte, het sy laat weet dat haar lyn intussen herstel is. Sy het ons bedank vir ons hulp. Warm gesprekke is fone se skuld Hy het Desember verlede jaar ’n selfoon gekry nadat hy ’n kontrak met Vodacom gesluit het. Ná die eerste vyf dae het hy dit teruggeneem omdat hy baie warm word en sonder rede afskakel. Die winkel het die selfoon vervang met dieselfde model, maar skaars ’n week later gee die foon weer dieselfde probleme. Hy het die foon weer teruggeneem na die winkel toe waar hulle die foon ondersoek het en Clensie meegedeel het dat daar niks verkeerd is met die foon nie. Hy het dit toe na Vodaworld in Midrand geneem, waar sy foon weer nagegaan is en geen probleem gevind is nie. ’n Week later het die foon egter weer dieselfde probleme gegee. Hulle wil nou die foon vervang met dieselfde foon met sekerlik dieselfde probleme en Clensie wou dit nie aanvaar nie. Vodacom het laat weet dat hulle Clensie se selfoon met ’n ander model vervang het. Na sy vorige klagte aan Tot U Diens het Vodacom teruggekom na hom toe met ’n belofte dat die swak sein binne die volgende twee maande opgelos sal word. Twee maande is verstreke en hy sit steeds met selfone en ’n rekenaar wat bykans geen sein het nie of ’n baie swak sein het. Vodacom het laat weet dat hulle vir Heyneke ’n selverlenger gegee het, wat die Rx-sein by sy huis sal versterk. Hulle het ook ’n GPRS-versterker op sy selfoon geïnstalleer. Waar kruip sy selfoon weg? Cell C se diens het vir mnr. Chris Geldenhuys van Pretoria so ontstel dat hy by ons kom kla het. Hy het einde September sy selfoon ingeneem vir herstelwerk by ’n Cell C-agent. Weke later het hulle hom gebel om hom in te lig dat sy selfoon reg is vir afhaal sodra hy R270 in hul bankrekening deponeer – wat hy toe gedoen het. Nou, na verskeie navrae en ten spyte van die bedrag wat hy inbetaal het, haal hulle net hul skouers op. Hulle sê hulle het nog nie die selfoon ontvang van die herstelsentrum nie. Hy sê al sy navrae bly ook onbeantwoord. Cell C se diens is onaanvaarbaar, sê hy. Cell C het laat weet dat hulle in gesprek met die herstelsentrum is en dat ’n nuwe foon intussen by Geldenhuys afgelewer is.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|