Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Pluimpies
May 04 2008 03:32:26:273PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Mnr. Jacques Wagener het geskryf om dankie te sê aan Auto Investments se Joe en Rassie wat werklik moeite gedoen het om vir die derde keer die heel beste diens waarvan enige kliënt kan droom, te lewer.

“Elke gebaar het gespreek van puik diens en net die heel beste was goed genoeg vir hulle.

“Eljoney Paneelkloppers het ook gewys waarom hulle onder die heel bestes gereken word.

“Dit is wonderlik om te weet dat in ’n tyd waar daar so baie negatiewe dinge gebeur, daar nog mense is wat ander mense se geluk en belange so sterk op die hart dra,” het hy geskryf.

  • Die Sasol-garage by die drierigtingstop in Broederstroom het ’n groot pluimpie van mnr. Cornelius van Zyl van Pretoria gekry.

    “Ek het daar brandstof ingegooi en twee van die joggies het my kom help.

    “Die een het die brandstof ingegooi terwyl die ander een in dieselfde tyd omtrent my hele motor gewas het. Ek hoop hulle hou hierdie goeie diens vol.”

  • Me. Jeanette Weyers van Pretoria het geskryf om te vertel van die wonderlike diens wat sy kry elke keer wanneer sy haar motor by McCarthy Toyota in Brooklyn laat versien.

    “Die personeel is altyd vriendelik, behulpsaam en professioneel.

    “Veral mnr. Coenraad Kuhn, die werkswinkelbestuurder, is regtig die ster van die plek. Vir hom ’n groot dankie vir sy hulp, vriendelikheid en veral sy geduld. Ek kan seker wees alles is piekfyn wanneer ek my motor gaan haal.

    “Die ander drie mense daar wat ek wil uitsonder, is mnr. Roy Webb, die bestuurder van die handelaar, me. Anthonia Mipa, die kassier, en Questin, die werkswinkelbestuurder se assistent.”

    Sy sê hoewel daar ander goedgekeurde handelaars binne loopafstand van haar huis is waar sy haar motor kan laat versien, verkies sy om maar die entjie te ry agter uitstekende diens aan.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |