Altyd met 'n glimlag
"Natalie is doodmoeg van al die opwinding en 'n lang vlug."
Kyk na video
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Klagte van die week: Dit lol met twee lyne op erf
May 04 2008 03:32:24:790PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Me. Liana Swanepoel van Centurion het by ons kom raad vra omdat sy al sedert einde Februarie wag dat die Telkom-lyn waarvoor sy aansoek gedoen het, geïnstalleer word.

Na verskeie opvolgoproepe het die Telkom-tegnikus begin April uitgekom, maar weer vertrek nadat hy gesê het daar is fout met die kabel.

Haar skoonouers, wat op dieselfde erf bly, het reeds ’n Telkom-lyn waarmee hulle ook baie sukkel.

Met die volgende besoek van ’n tegnikus het hy bevind dat haar skoonouers haar nuwe lyn gekry het die laaste keer toe hul lyn herstel is!

“Nadat hy die kabel gebruik het om ons nuwe lyn in te sit, het my skoonouers se foon weer nie gewerk nie.

“Sedertdien bel ons gedurig om die fout by Telkom aan te meld, maar al antwoord wat ons kry, is dat ’n tegnikus sal kom kyk.

“Hulle kan geen aanduiding gee wanneer dit gaan gebeur nie.

“Hoe moeilik kan dit nou wees om twee lyne op een erf te installeer?

“Net een van die twee lyne werk op ’n slag en ons weet nie meer watter kant toe nie,” het sy geskryf.

Ons het Swanepoel se klagte dadelik by Telkom se hoofkantoor aangemeld die Vrydag toe ons dit gekry het.

Swanepoel het nou geskryf dat die probleem sommer reeds die Maandag daarna ten volle opgelos is.

Sy het ons bedank vir ons bereidwilligheid om verbruikers te help en kan nie glo dat haar klagte so gou opgelos is nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |