Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Top-up’ is te min om eis te dek
Mnr. Jacques Scherman was baie ongelukkig toe hy hoor dat die “top-up”-versekering wat hy by Hollard uitgeneem het ingeval sy motorversekering tekortskiet, toe nie die hele bedrag wat hy nog aan die bank geskuld het nadat sy motor afgeskryf is, gedek het nie. “Ek het die motor in 2004 gekoop, dit verseker en ook by Hollard ’n polis uitgeneem wat die bedrag sou dek ingeval daar ’n verskil is tussen die bedrag wat my versekering uitbetaal en die bedrag wat ek nog skuld by die bank. “In September 2006 was ek in ’n motorongeluk waarin my motor afgeskryf is. “My versekering het die motor se boekwaarde aan die bank wat die motor gefinansier het, uitbetaal, maar ek het daarna nog meer as R26 000 aan die bank geskuld.” Hy het ’n eis ingevolge sy Hollard CoverPlus-polis by Hollard ingedien, maar hulle het net minder as R10 000 uitbetaal. ’n Bedrag van net meer as R16 000 was dus nog uitstaande. Volgens Scherman het hy daarna verskeie kere met Hollard gepraat en verskonings gehoor, soos dat die persoon met wie hy moet praat nie daar is nie of siek is. Niemand het volgens hom ooit teruggebel nie en hy het ook nie ’n antwoord op ’n e-pos wat hy aan hulle gestuur het, gekry nie. Om te voorkom dat hy ’n slegte kredietrekord kry, het hy maar verdere paaiemente op die motor by die bank betaal, maar nou besluit om ons hulp in te roep. “Ek wil weet waarom die res van die bedrag nie betaal is nie. Die premie was ten tyde van die ongeluk nie agterstallig nie en die motor was gedek tot begin November 2006, terwyl die ongeluk in September 2006 gebeur het,” het hy geskryf. Scherman sê hy wil ook weet waarom Hollard nie met hom oor sy klagte wil praat nie nadat hy al meer as ’n jaar lank daaroor kla. Ons het Hollard se hoofkantoor laat weet hoe kwaad Scherman vir hulle is en hulle het ondersoek ingestel. Hollard het nou laat weet dat die klagte afgehandel is en dat hulle die eis weer oorweeg het. Hulle het besluit om nog amper R11 000 uit te betaal. Scherman het verlede week gesê dít klink meer na die bedrag wat hy in gedagte gehad het en hy is baie bly dat hy dit gaan kry. Hy het ons bedank dat ons gehelp het om hierdie doring uit sy vlees te verwyder.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|