Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Prikkelbare dermsindroom
Apr 29 2008 07:58:18:757PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Prikkelbare dermsindroom, An du Plessis (Lapa)

Dis nie ’n lekker onderwerp om oor te praat nie, maar ’n prikkelbare kolon kan jou lewe versuur en beheer. ’n Gevoelige kolon beteken jou dermbewegings is abnormaal. Dit veroorsaak pyn, ongemak, hardlywigheid, winderigheid en diarree.

As jou lewe oorheers word deur ongemak ná maaltye wat koliek, opgeblasenheid en krampe insluit, is dit tyd om jou dokter te raadpleeg oor prikkelbare dermsinsdroom.

Du Plessis, ’n dieetkundige, sê daar is hoop. Met die regte dieet kan jy van al jou ellende ontslae raak.

As jy ongemak het ná die eet van sekere kosse en net verligting kry deur ontlasting en dermbewegings, kan jou derms sensitief wees vir sekere kossoorte.

Die oorsaak van prikkelbare dermsindroom is dikwels ons ongesonde leefwyse. Langdurige stres, spanning, die oormatige gebruik van lakseermiddels, te veel koffie, te veel harde veselrige kos en infeksie in die dermkanaal is maar enkele oorsake van die ongemaklike siekte.

Naas verkoue is dit die siekte wat mense die tweede meeste van die werk af hou.

Du Plessis se boek is gelaai met raad en smaaklike resepte waarmee jy jou lewensgehalte kan verbeter.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |