Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Jip, ’n man kan oor die liefde skryf
The Choice deur Nicholas Sparks. Penguin (sagteband.) R120. Kan mans liefdesverhale skryf? Natuurlik is die antwoord “ja”. Is Shakespeare nie die grootste liefdesverhaalskrywer van alle tye nie? Ná hom was daar vele klassieke skrywers wat die liefde as hooftema gebruik het. Meer onlangs (en op ’n meer populistiese trant) is daar Paul Gallico, Ethan Hawke en Nicholas Sparks. Maar kan manlike skrywers regtig uit die hart uit skryf en die soort stories lewer wat veral vrouelesers diep sal tref en skaamteloos sal laat swymel? Volgens kenners is mans geneig om meer intrige-gedrewe te skryf, terwyl die lees van liefdesverhale ’n intens emosionele ervaring is. Dié gedagtes dring hulle aan ’n mens op by die lees van The Choice deur Nicholas Sparks. Sparks het sy gewildheid grootliks te danke aan die rolprentweergawes van sy romans soos The Notebook en Message in a bottle. The Choice – ’n mens kan aanvaar dié boek sal ook mettertyd die silwerdoek tref – is die verhaal van die avontuurlustige Travis Parker, ’n veearts, en Gabby Holland. Gabby betrek die huis langs Travis; hulle word gou méér as bure. Die probleem is Gabby wil nie afstand doen van die man aan wie sy bestem is om verloof te raak nie. Sy worstel vir ’n groot deel van die boek met ’n oeroue vraag: moet sy na haar verstand luister – of na haar hart? Die tweede deel van die boek speel hom af ’n paar jaar ná Gabby eindelik ’n keuse gemaak het. Dié keer is dit Travis wat ’n besluit moet neem wat ’n dramatiese invloed op sy lewe sal hê: die vrou van sy hart is in ’n koma en die kans is skraal dat sy weer sal bykom. Travis moet besluit of hy die masjiene wat haar aan die lewe hou, moet laat afskakel – en of hy sy hoop dat sy sal “ontwaak” sodat hulle hul idilliese lewe kan hervat, lewend moet hou… As ’n mens kritiek teen die boek móét uitspreek, sal dit wees dat Deel Een té gemoedelik en uitgesponne is. Daar is ook die kwessie van geloofwaardigheid: daar is geen oortuigende rede hoekom Gabby nie haar amper-verlowing kan verbreek sodat sy haar hart kan volg nie. The Choice lees egter so vlot dat die meeste lesers wat hierdie genre verkies, die boek sy tekortkominge sal vergewe. Sulke lesers verkies buitendien ’n dralende skryfstyl wat nie deur “plot” of intrige oorheers word nie. Die grootste pluspunt is juis dat The Choice uit die hart geskryf is, om ’n aangrypende, emosionele leeservaring te verseker. Dit sal liefdesverhaalskrywers loon om hierdie boek so gou moontlik aan te skaf en nie te wag op die rolprentweergawe nie. Bestel die boek by Kalahari.net deur hier te kliek.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|