Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Ontstuimige skryfwerk, beminlike karakter boei
May 04 2008 02:43:43:397PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Ronel Nel

His Illegal Self deur Peter Carey. Faber & Faber (sagteband, 272 pp.), R184,95.

Peter Carey is een van daardie rare skrywers: as hy ’n nuwe boek die lig laat sien, koop jy hom, sonder om ag te slaan op kritici, bemarking of die prys. Met die wete dat jy nie teleurgestel kán word nie.

Dié tweemalige Booker-pryswenner se nuutste, His Illegal Self, val in dieselfde kategorie.

Die jaar is 1972. Die protagonis, Che Selkirk, is die sewejarige seun van twee radikale protesleiers, ouers wat hy sedert sy eerste verjaardag nie weer gesien het nie. Hy bly in isolasie by sy stywe-bolip-ouma aan die “regte kant” van die stad, waar hy Victoriaans grootgemaak word. Sonder televisie of koerante, want dit kan dalk inligting oor sy aktivis-ouers bevat.

Alles wat Che oor homself weet, hoor hy by die bure se tienerseun, en dit laat die jong kind smag om sy ouers te leer ken en selfs by hulle te gaan bly. Underground, want dit is waar hulle is.

Tot die dag wat die hyser se deur oopgaan en ’n pragtige vrou, in hippie-drag en hare wat 15 skakerings gekleur is, uitstap. Sy vryheid het aangebreek, weet hy.

Che se lewe is op die punt van totale ommekeer wanneer hy op reis gaan saam met die vrou, wat haarself “Dial” noem. Op pad ontdek hy ’n nuwe wêreld. Nie noodwendig ’n mooi wêreld nie.

Die tweemanskap slaan op vlug ná ’n bomontploffing in Philadelphia en beland uiteindelik in Australië, ’n ruwe landskap van ongemak, een waar hulle tot die uiterste gekonfronteer word – met mekaar, met hul nuwe hippie-bure en met die ideologie van die tyd.

Terme wat voorheen vir hom so romanties voorgekom het, kry ervaringsbetekenis. Kommunisme; aktivisme; vryheidsbeweging…

Carey se inkleding van die stuiptrekkings van die anti-Viëtnam-protesjare is beide aangrypend en geloofwaardig. Soos in sy vorige boeke gebruik hy sy geboorteland, Australië, as ’n karakter – een wat die broosste én die boosste in die mens ontknoop.

Sy prosa is eweneens liries, dog verweef hy sy verhaallyn maklik genoeg om te volg. Dit is ontstuimige, opruiende skryfwerk, net soos die era wat hy so gemaklik in His Illegal Self afbeeld – en dit aan die hand van ’n uiters beminlike kinderkarakter.

Boeiende leesstof.

  • Nel is ’n skrywer en vryskut-resensent.

    Bestel die boek by Kalahari.net deur hier te kliek.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |