Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Just Stitch, Lesley Turpin-Delport en Nikki Delport-Wepener
May 05 2008 03:02:43:510PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Martie Swanepoel skryf oor fyn kunstenaars en 'n bobaasverteller.

Just Stitch, Lesley Turpin-Delport en Nikki Delport-Wepener (Metz)

Hoekom ’n handwerkboek kies as top-boek van die week? Omdat ons almal depressief is oor die stygende pryse en ekonomie! My ouma het geglo ledigheid is depressiewe mense se grootste vyand. ’n Mens moet jouself besig hou. Neem dus die naald en gare op en raak stekie vir stekie ontslae van jou sorge.

Die tweestuks skrywers is ma en dogter. Lesley Turpin-Delport het ’n graad in die skone kunste en is reeds van die 1970’s ’n bekende in kuns- en naaldwerkkringe. (Ek was onlangs by ’n onthaal waar ’n “kunskenner’’ mosaïekwerk ens. as “crafts’’ afgeskryf het. Dalk moet sy ’n bietjie gaan kyk wat mosaïekkunstenaars soos Freda Westerlink en naaldwerkkunstenaars soos Lesley Turpin-Delport en Nikki Delport-Wepener kan skep. Die muse is beslis teenwoordig in hul werk!)

Delport-Wepener doen al naaldwerk van sesjarige ouderdom en het verskeie naaldwerkkursusse van onder meer die Royal School, Embroiders Guild en City and Gilds agter die blad.

Die boek is meer ’n koffietafelboek as handwerkboek en bied nie net inspirasie vir naaldwerkvaardiges nie. Die visuele konsepte in die boek kan ook vir skilders, mosaïekkunstenaars en kunsbreiwerk-vaardiges ’n inspirasie wees. Selfs vir diegene wie se handwerkvaardigheid eindig by die kyk van mooi prentjies.

Die skrywers is welberese en bring ’n magdom visuele en ander kennis na die boek. Hulle put inspirasie uit die geskiedenis, mense en fauna en flora.

Die skrywers se inpirasie vir ’n ontwerp begin dikwels by iets klein soos een madeliefieblaartjie. Hulle kyk na die tekstuur en fyn aartjies. Selfs iets piepklein soos ’n fynbostakkie inspireer hulle om die skoonheid van die natuur met naald en gare te verewig.

Voëls en die fyn detail van hul vere inspireer getekstureerde borduurwerk. ’n Fyn skoenlapper fladder op ’n tafeldoek, ’n driedimensionele gerbera nooi jou om dit aan te raak en ’n sprinkaan en naaldekoker word fyn kunswerke van teksture en kleure.

Die boek bevat volledige diagramme van al die steke wat gebruik is. Dit is gebruikersvriendelik en selfs ’n leek sal die riglyne kan volg. Daarby is daar sketse en diagramme van plante, blomme, insekte en diere wat jou taak nog makliker kan maak.

Die boek bied visuele inspirasie met 12 kleurtemas met verskeie bypassende projekte.

Onder Indigo-inpirasie leer jy byvoorbeeld hoe om ’n adamsvy te maak en te borduur en ’n skoenlapper en liewenheersbesie kry lewe op servette en kussings.

As jy deur dié boek blaai, sal jy ook lus kry om saam te borduur.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |