Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
The Complete Oom Schalk Lourens Stories, Herman Charles Bosman
The Complete Oom Schalk Lourens Stories, Herman Charles Bosman (Human & Rousseau) Gaan die vertelkuns verlore raak noudat Patrick Mynhardt, Jan Spies en Tolla nie meer met ons is nie? Die uitreiking van die volledige bundel Bosman-werke behoort inpirasie te gee vir enige aspirant-verteller. Dié versamelbundel bevat van die mooiste vertel-stories wat ons land nog opgelewer het. Dit is die eerste keer dat al die stories in een bundel saamgevat word. Die oorspronklike illustrasies is boonop gebruik. Die boek bevat sestig onvergeetlike vertellings waaronder In the Withaak’s Shade, Makapan Caves en Willem Prinsloo’s Peach Brandy. Bosman se Oom Schalk is seker een van die kleurrykste literêre figure wat nog in Suid-Afrika geskep is. Daar was nog nie weer ’n storieverteller soos hy nie. Dit is gewis ’n bêreboek. Een wat jou nageslagte ook nog sal geniet. SKRYWERSFOKUS ) Herman Charles Bosman het in 1951 aan ’n hartaanval gesterf. ) Hy het ’n unieke manier gehad om dinge en mense om hom waar te neem en hy kon dit op ’n kleurryke manier aan luisteraars oordra. ) Die beplanning vir die versameling in dié boek het al in 1997 begin.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|