Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Naslaanhulp en gebruik van foto’s laat dié voëlgids uitstaan
Die voëlgids van Suider-Afrika deur Ulrich Oberprieler en Burger Cillié. Lapa-uitgewers (sagteband, 432 pp.), R225. Bestel die boek by Kalahari.net deur hier te kliek. Vir voëlkykers is elke nuwe ?voëlgids wat op die mark kom baie welkom. Al dek die verskillende veldgidse dieselfde spesies en verskaf hulle almal dieselfde basiese inligting, is daar altyd iets nuuts, iets anders in ’n nuwe gids. In kombinasie bied die verskillende veldgidse ’n soveel ryker blik op die verskillende spesies as wat een boek op sy eie kan doen. Oberprieler en Cillié se Die voëlgids van Suider- Afrika is bloot om dié rede ’n welkome toevoeging tot die Afrikaanse voëlboekery. Die een opsig waarin dit die meeste verskil van die standaard-veldgidse is dat dit foto’s gebruik in plaas van sketse om die voëls te identifiseer. Puriste verkies om verskeie redes dikwels sketse bó foto’s, maar nuwelinge tot die stokperdjie vind dikwels (is my ervaring) spontaan meer aanklank by foto’s. Dit is een van die redes waarom dié veldgids veral by nuwelinge byval sal vind. Die groot uitdaging aan die outeurs van so ’n boek is om die ingewikkelde stel data eenvoudig aan te bied. Oberprieler en Cillié doen besonder moeite hiermee. Mense wat vir die eerste keer ’n voëlboek optel, voel soms oorweldig bloot deur die groot aantal verskillende spesies. Waar begin jy tussen al die honderde soek na die een wat jy nou deur jou verkyker sien? Dié gids bied ’n nuttige sleutel wat ’n mens daarmee kan help. Dit deel die 809 voëlspesies in die boek volgens uiterlike kenmerke en gedrag in 12 hoofgroepe in. Groep 1 is byvoorbeeld vlieënde watervoëls en Groep 2 swemmende en duikende watervoëls. Daar is ’n groep voëls met lang, reguit snawels (soos spegte en visvangers) en ’n groep met lang, afgebuigde snawels (soos kakelaars, neushoringvoëls en suikerbekkies). Die diepseevoëls wat in Suid-Afrikaanse waters voorkom en swerwers is uit dié veldgids weggelaat omdat die meeste ?voëlkykers hulle in elk geval nie sommer sal raakloop nie. As ’n mens die voël waarna jy soek in die regte groep geplaas het, het jy die aantal moontlikhede waartussen jy moet kies klaar heelwat verminder. Gaan ’n mens na die verskillende spesies in die groep is daar van elkeen ten minste een foto. In die meeste gevalle is daar egter meer foto’s sodat die leser kan sien hoe die voël in verskillende kleurvorms lyk, hoe mannetjie en wyfie lyk as hulle verskil en hoe die jonges wat nie soos hul ouers lyk nie daar uitsien. Daarby is daar ’n kort stukkie teks met inligting oor die spesie, asook ’n klompie simbole wat met een opslag aandui in watter habitat ’n voël normaalweg voorkom, wat die spesie eet, of hulle gewoonlik alleen, in pare of in klein of groot swerms gesien word en watter soort nes hulle maak. Daar is ook ’n klein verspreidingskaart vir elke spesie met ’n kleurkode wat aandui of dit ’n trekvoël is en of die spesie die hele jaar hier bly en, as dit ’n trekvoël is, of hy hier broei of by sy ander tuiste. In enkele gevalle (soos die spekvreters se stertpatrone of die naguile se bovlerk- en stertpatrone) is daar bykomende sketse wat ’n mens kan help om die spesies te identifiseer. Dit alles maak nie dat ’n mens elke voël sommer in ’n japtrap met dié boek sal kan uitken nie. Daardie resep bestaan nie. Soos met elke nuwe kennisveld wat ’n mens wil ver?ower, sal hier gewerk moet word. Jy sal die inleiding goed moet lees, die simbole en sleutels goed onder die knie moet kry en die opset van die boek moet leer ken. Die outeurs het egter uit hul pad gegaan om dit minder van ’n stryd en meer van ’n avontuur te maak. Want diegene wat die stokperdjie van voëlskyk met dié boek as hul eerste gids tegemoet gaan, sal gou ontdek dat die plesier juis lê in die soek en in die slyp van jou vaardighede wat die identifikasies later moontlik maak. Bestel die boek by Kalahari.net deur hier te kliek.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|