Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    I'm not there
    Apr 24 2008 03:00:19:813PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Onherkenbaar, maar steeds fenomenaal . . . Cate Blanchett, wat vir 'n Oscar vir haar spel benoem is, as die 60's-karakter Jude Quinn uit die Bob Dylan-fliek I'm Not There.
    Riaan Grobler


    Gewoonlik is biografiese rolprente redelik voorspelbaar en chronologies: Ster se kinderjare, ster sukkel om roem te verwerf, ster sukkel om roem te verwerk, ster skitter, ster sterf.

    Dit is allermins die geval met Todd Haynes se I’m Not There, ’n onkonvensionele, eksperimentele blik op die lewe en musiek van die musieklegende Bob Dylan.

    Dylan se roemryke loopbaan word gekenmerk deur sy gewoonte om sy persoonlikheid en musikale styl gedurig te verander en aan te pas – dikwels tot die skok en frustrasie van sy lojale aanhangers. Sy onwilligheid om homself te laat etiketteer of die verpersoonliking te wees van die een of ander “saak” kom dikwels sterk na vore in sy musiek en onderhoude. Sy poëtiese lirieke is boonop dubbelsinnig, simbolies en uiters kompleks. Hierdie dualisme is waarom Haynes besluit het om nie minder nie as ses akteurs te gebruik om Dylan se lewe te vertolk. Elke karakter het ook ’n denkbeeldige naam om die verskillende fases van Dylan se lewe en musiekloopbaan van mekaar te onderskei.

    Woodie Guthrie (Marcus Carl Franklin, ’n 11-jarige swart akteur) is oortuigend as die jong, soekende Dylan, ’n reisiger wat ou countryliedjies sing – ’n metaforiese verwysing na die vroeë 60’s en Dylan se eerste album wat meestal verwerkings van tradisionele liedjies bevat.

    Christian Bale is uitstekend as Jack Rollins, oftewel Dylan die folk-held, wie se jeugdige wysheid en oorspronklike liedjies soos Blowin’ In The Wind en The Times They Are A-changin’ hom ’n ikoon in proteskringe gemaak het.

    In een van sy laaste rolle voor sy dood speel die veelsydige Heath Ledger die rol van Robbie Clarke, die enigste Dylan-gegronde karakter wat in ’n persoonlike verhouding betrokke is. Dan is daar ook ’n geloofwaardige vertolking deur Ben Whishaw as Dylan die rebel, en flouerige spel deur Richard Gere as Billy the Kid, ’n voorstelling van die ouer Dylan.

    Maar I’m Not There se keerpunt is die kragtoer deur ’n onherkenbare Cate Blanchett as die androgiene, neurotiese Jude Quinn, ’n karakter wat foutloos geskoei is op die Dylan wat in 1965 sy folk-aanhangers diep ontstel het met die gebruik van elektriese instrumente in sy eerste radikale, musikale metamorfose. Die uitbeelding van dié belangrike fase in Dylan se loopbaan is as’t ware ’n bloudruk van dokumentêre opnames uit die middel-60’s, en Blanchett is aangrypend in die kol met elke subtiele Dylan-maniërisme. Dit is moeilik om te glo dat sy verlede jaar se Oscar vir beste vrouebyspeler moes afstaan aan Tilda Swinton, maar haar uitmuntende spel is wel beloon met onder meer ’n Golden Globe.

    Op ’n manier is Blanchett se spel waarskynlik die enigste trekpleister vir nie-Dylan-aanhangers. I’m Not There is, ondanks goeie regie en akteursvernuf, grootliks ontoeganklik vir die gemiddelde fliekganger en ’n fliek met meer vrae as antwoorde. Selfs Dylan-fanatici sal soms moet kopkrap om presies te weet wat aangaan.

    Maar miskien is I’m Not There juis ’n verlengstuk van sy onderwerp – ontoeganklik, geheimsinnig, kompleks, onvoorspelbaar en soms briljant.

    ) Hoofspelers: Christian Bale, Cate Blanchett, Marcus Carl Franklin, Richard Gere, Heath Ledger en Ben Whishaw. Ouderdomsperk: 13OL. Tydsduur: 135 min.

    ) Man On The Moon (1999)

    ) No Direction Home (2006)


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |