Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
First Sunday
In duidelik nog ’n poging om die VSA se swart kykers in teaters te kry en sommer ’n dosis voorskriftelike moraliteit ook by te trek, kry First Sunday dit slegs reg om almal wat in sy visier is, ’n klap deur die gesig te gee. Durell (Ice Cube) en LeeJohn (Katt Williams) is twee beste vriende wat gedurig in die moeilikheid kom oor kleinstelery. Durell se eks-vriendin wil wegtrek en sy seun saamneem, tensy hy met die $17 000 vorendag kom wat sy nodig het om haar skuld af te betaal. LeeJohn, aan die ander kant, is ook in finansiële knyp nadat ’n “werkie” wat hy vir hulle gereël het, liederlik geflop het en hy nou die goedere wat weggeraak het se waarde in dollars moet vervang. Die desperate tweemanskap besluit om die plaaslike kerk te beroof – en beland so midde-in ’n groep gelowiges wat hul plan vinnig ontmasker. Die grootste deel van die fliek handel verder oor die interaksie tussen die kerkgangers en die twee goedhartige rampokkers; mét ’n voorspelbare einde. Ice Cube en Williams vorm ’n ongemaklike komiese duo en daarbenewens moet hulle nog sukkel met ’n nie-snaakse draaiboek en verregaande situasies. Regisseur David E. Talbert boots in First Sunday onbeskaamd vir kollega Tyler Perry na. Laasgenoemde het met flieks soos Diary of a Mad Black Woman en Madea’s Family Reunion iets reggekry op ’n skaal wat niemand voor hom dit nog gedoen het nie: Om kerkgaande, swart Amerikaners in die fliekteaters te kry. Perry se flieks het reeds ’n sterk cringe-faktor en Talbert se onbeholpe nabootsing voorspel dus niks goed nie. Die fliek is waarskynlik veronderstel om opheffend en inspirerend te wees, maar verval in die moeras van ’n swak draaiboek, oordrewe spel en moeë grappe.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|