Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Run, fat boy, run
Apr 24 2008 03:00:08:177PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dennis (Simon Pegg) wil sy eks terugwen deur die fikse Whit (Hank Azaria) kaf te draf.
Jacques Liebenberg


Jare gelede het ’n familielid met ’n bufferplakker gespog wat lui: “Hoe meer mense ek ontmoet, hoe meer hou ek van my hond.”

Kyk ’n mens na die karakters in dié onsinnige komedie, besef jy opnuut daar steek heelwat waarheid in die woorde. Nie een van hulle laat jou hart warm sjokolade pomp of dwing jou spontaan na die punt waar jy vrywilliglik jou lewe vir hulle sal opoffer nie.

Inteendeel, die titel kan eerder op die fliekganger van toepassing gemaak word, en wel om in die teenoorgestelde rigting van die teater te hardloop.

Run, Fat Boy, Run is die voormalige Friends-ster David Schwimmer se debuut as regisseur. ’n Mens wonder of hy dit aan sy voormalige mede-woonstelbewoners vertoon het en hoe dit onvang is. Joey het dit dalk geniet.

Die geykte storie maak daarop staat al die planete in die heelal is presies in die regte posisie om die onwaarskynlikste situasies denkbaar moontlik te maak.

Die sukkelaar Dennis (Simon Pegg van Shaun of the Dead-faam) los sy swanger verloofde, Libby (Thandie Newton), voor die altaar en kies die hasepad. Vyf jaar later is hy ’n platsak veiligheidswag met ’n boepmagie, terwyl die suksesvolle Libby en hul seun skielik met ’n nuwe man, die welgestelde Amerikaner Whit (Hank Azaria), spog. Whit is als wat Dennis nié is nie en dit sluit die feit in dat hy superfiks is en weer aan die jaarlikse Londen-marathon gaan deelneem.

Dennis is darem nie heeltemal breindood nie en besef Libby is die beste ding wat tot nog toe met hom gebeur het en hy wil haar terugwen. As hy net aan die wedloop kan deelneem, sal Libby sien hy’s eintlik ’n skaflike kêrel én ’n heelwat beter proposisie as Whit, meen hy.

Daar’s presies een oorgewig karakter in die fliek X en dis nie Pegg, wat duidelik met ’n vals magie spog, se Dennis nie. So, die titel is onsinnig. Daarby is Dennis ’n walglike man met die intellektuele en sosiale vaardighede van ’n tweejarige en met geen oorweging vir ander nie.

Teenoor hom is Whit natuurlik foutloos, maar moenie bekommer nie; op die deurslaggewende oomblikke sal daar wel krake in sy mondering wys. Gaap! Dis nou dieselfde oomblikke waarin Dennis wys hy’s nie nét pateties nie.

En die arme Libby sit regtig met ’n kopseer: Sy is ’n beeldskone, suksesvolle enkelma met ’n oulike seun en die enigste opsie wat sy aan die man-front het, is Dennis en Whit.

Eisj, ’n mens het nie besef dis so moeilik om ’n draaglike man in Londen raak te loop nie. Besef vroue dit?

Pegg, wat ook aan die draaiboek geskryf het, probeer hard, maar is nie so doeltreffend sonder sy Hot Fuzz-maters nie. Nie eens die normaalweg vermaaklike Dylan Moran van Black Books-faam of die nuweling India De Beaufort as Dennis se huismaat kan dié gemors red nie.

Hardloop, fliekganger, hardloop!

  • Hoofspelers: Simon Pegg, Thandie Newton, Hank Azaria en Dylan Moran. Ouderdomsperk: 10T. Tydsduur: 100 min.

  • Waking Ned (1998)

  • Click (2006)


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |