Had Divvie maar om die vuur geskrum
Sjoe, dit moet darem kwaai op 'n ou se sisteme wees as jy Sondagoggend wakker word en rustig kafee toe stap om die duiwel se bybel te gaan koop.
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Nim's Island
Apr 24 2008 04:24:33:410PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verbeeldingskrag. . . Nim Rusoe (Abigail Breslin) en die avontuurskrywer Alexandra Rover (Jodie Foster) span saam om die eiland te red in Nim's Island.

Nim's Island
Nu Metro
Sonnette Lombaard

Die ink op baie boekblaaie is deesdae skaars droog, of dit vloei oor na die grootdoek. En as dit ’n kinderstorie is, word al wat ’n truuk is ingespan om seker te maak ouboet of ma kom fliek saam.

Die wyer blootstelling as ’n suksesvolle boek verbeeld word, is nie te versmaai nie. Maar nie alle geskrewe stories is uitgeknipte silwerdoekmateriaal nie.

Dié eilandavontuur is ’n goeie voorbeeld van laasgenoemde. Dis gegrond op die gewilde gelyknamige boek van Wendy Orr, spog met ’n ster-rolverdeling en is geskiet aan Australië se ongerepte Queensland-kuslyn waar Fool’s Gold, tans op die kringloop, ook verfilm is.

Interessant is dit die tweede keer dat een van Hollywood se belowende kindersterre Abigail Breslin (No Reservations) deur ’n man/vrou-kombinasie geregisseer word. Haar Oscar-benoemde vertolking in die wegholtreffer Little Miss Sunshine was onder die hande van die egpaar Jonathan Dayton en Valerie Faris.

Hier is die egpaar Jennifer Flackett en Mark Levin aan stuur van sake. Hulle het vantevore saamgespan as onderskeidelik draaiboekskrywer en regisseur vir die juweel-kinderfliek Little Manhattan (2005).

Breslin, wat pas 12 geword het, speel Nim Rusoe wat ná haar ma se dood deur haar marinebioloog-pa, Jack (Gerard Butler, P.S. I Love You), op ’n idilliese eiland in die Stille Oseaan grootgemaak word.

Hulle woon in ’n moderne boomhuis kompleet met internet. Benewens die avontuurboeke wat sy verslind, hang Nim ook uit met haar eksotiese dierevriende (regtes en geanimeerd).

Haar sorgvrye lewe word egter bedreig as ’n stormsee haar pa op sy seiljag vaskeer en toeriste die eiland ontdek. Nim stuur ’n S.O.S. na haar gunstelingskrywer Alexander Rover. Alexander is egter die skuilnaam van die kluisenaar Alexandra Rover (Jodie Foster), wat weens agorafobie verseg om ’n voet uit haar San Fransisco-huis te sit.

Maar onder aansporing van haar fiktiewe storieboekheld Alex Rover (ook Butler) besluit sy om Nim se noodroep te beantwoord.

Die fliek fokus op die krag van verbeelding en van uitreik na mekaar om hindernisse te oorkom en grense te versit. En soos in laasjaar se fyn Bridge to Terabithia is die protagonis op die rand van tienerwees, maar nie Nim of haar verbeeldingswêreld gryp aan soos in dié prent nie.

Dis nie dat Breslin fouteer nie, maar gemeet aan haar Sunshine-kragtoer kom sy dié flouerige fantasiemas minder flink op.

Teenoor haar is die gerekende Foster (The Brave One) op rekord dat sy deesdae graag flieks maak waarna haar twee jong seuns kan kyk. Maar ná ’n rits bekroonde tawwe-tinarolle, kort haar komiese kant inskerp.

Butler in sy dualrol vaar nie veel beter nie en die skote van hom op die stormsee is amateuragtig en sink amper die prent eiehandig.

As gesinsprent slaag dié moderne Swiss Family Robinson-sprokie wel, maar met lesers se eie verbeeldingskrag tower dit beter tussen die boeklyne.

  • Hoofspelers: Abigail Breslin, Jodie Foster en Gerard Butler. Ouderdomsperk: OL. Tydsduur: 96 min.

  • The Chronicles of Narnia: The Lion, the Witch and the Wardrobe (2005)

  • The Spiderwick Chronicles (2008)


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |