Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Dan In Real Life
Apr 24 2008 04:24:32:597PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Ongemaklike driemanskap. . . Die enkelpa Dan (Steve Carell) is been-af op die oulike Marie (Juliette Binoche), maar sy is Mitch (Dane Cook), sy broer, se nuwe vriendin, vind Dan tot sy skok uit in Dan In Real Life.

Dan In Real Life
Ster-Kinekor
Jacques Liebenberg

Dis vreemd, maar Steve Carell kry dit reg om amper nie teenwoordig te wees in flieks waarin hy die hoofrol vertolk nie.

Carell het ’n ontwykende gehalte; hy kom as ’n stuk vaal klei voor waarop sy karakter afgedruk word, maar met die gebruiklike Carell-uitdrukkings. Gelukkig kies Carell sy rolle slim en in flieks soos The 40 Year Old Virgin en die briljante Little Miss Sunshine werk sy eiesoortige aanslag uitstekend.

Dis ook die geval in Dan In Real Life, ’n romantiese drama waarin ’n mens Carell se karakter so jammer kry jy moet die drang onderdruk om weg te kyk. Teenoor hom is die Franse ster Juliette Binoche oudergewoonte goed en haar onderspeelde maar onbetwisbare sjarme dreig om die ander karakters in nikseggendheid te laat verval.

Carell is die enkelpa Dan Burns, wat in ’n koerantrubriek raad gee. Hy het nog nie sy vrou se dood verwerk nie en moet boonop bontstaan om sy drie jong dogters “reg” groot te maak. Sy Dankseggingskuier saam met die res van die familie by die ouerhuis word opgekikker wanneer hy die oulike Marie (Binoche) in die plaaslike boekwinkel ontmoet. Dit verander in skok en ongeloof wanneer sy broer Mitch (Dane Cook) Marie later as sy nuwe vriendin voorstel.

Dis die begin van ’n naweek waarin Dan se gemoedstemming tussen die uiterstes van suiwer geluk en suiwer wanhoop wipplank ry. Die vonk tussen hom en Marie is onmiskenbaar, maar hoe gemaak met die hele familie wat toekyk?

Dis ’n resep vir wonderlike komedie X en rampspoed.

Dan In Real Life staan in skrille kontras met ’n fliek soos Meet the Parents, waarin die karakters karikature en die situasies vergesog is. Eersgenoemde se voete is stewig geanker en die enigste oordrywing is in die byvoeglike naamwoorde waarmee ’n mens Binoche se lof kan besing. Die humor is eerlik en gepas en, soos in die beter Britse komedies, word die balans met die storie se dramatiese elemente mooi gehandhaaf.

Die medeskrywer en regisseur is Peter Hedges, wat sy regisseursdebuut met die wonderlike Katie Holmes-fliek Pieces of April gemaak het. Hy het onder meer ook What’s Eating Gilbert Grape? en About A Boy geskryf. Hedges vier in sy flieks die individu se oorwinning oor (of ten spyte van) homself. Die storie is deurgaans een van ’n subtiele klemverskuiwing weg van roetine. Vat ’n kans, sê Hedges. Jy gaan waarskynlik jou kop stamp en jou naam weggooi, maar die moontlike beloning is dit als werd.

Dan In Real Life is ’n genotvolle romanse wat nooit sy houvas op die werklikheid verloor nie. Dis ’n fliek sonder werklike hoogte- of laagtepunte en die einde is effe gerieflik, maar dis allermins geldmors.

Bygesê, Binoche se teenwoordigheid maak dit reeds die moeite werd.

  • Hoofspelers: Steve Carell, Juliette Binoche, Paul Schneider, John Mahoney en Dianne Wiest. Ouderdomsperk: OL. Tydsduur: 96 min.

  • Winter Passing (2006)

  • Lars and the Real Girl (2007)


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |