Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
A perfect day
Rob Lowe vertolk die rol van Robert Harlan, ’n getroude man en pa wat sy werk verloor nadat hy onder die indruk was hy gaan bevordering kry. Terwyl hy soek na werk, oortuig sy vrou hom om sy boek waaraan hy al jare skryf, klaar te maak. Ná ’n aanvanklike gesukkel om ’n uitgewer te kry, klop sukses aan sy deur en hy word meegevoer in ’n lewe wat enige man se droom is: vyfster-hotelle; jong vroue wat sy handtekening vra en natuurlik hope geld. ’n Wildvreemde man verskyn aan Harlan en voorspel sy dood. Dit oortuig hom om die besluit tussen verdere sukses en die lewe wat hy agtergelaat het, te neem. Natuurlik besluit hy om terug na sy gesin te gaan en sy vrou aanvaar hom net-net met ope arms terug. Hoewel die storie gemik is op ’n ouer geslag, kan enigiemand baat vind by die boodskap: As jy wil, kan jou huwelik deur dik en dun werk; en familiebande is belangriker as geld. Die probleem is net dat Harlan se vrou (Paget Brewster) aanvanklik gretig is om hom te help, maar nie lank nie toe is sy keelvol en verwens sy sy sukses. Soos wat sy tekere gaan, sou ’n mens dink dat Harlan bietjie meer van ’n jerk sou wees. Dis ’n goeie storie, maar nie uniek nie. A Perfect Day is ideaal vir ’n rustige aandjie tuis saam met jou geliefde. – Marieke Snyman
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|