Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Bug
Apr 29 2008 07:58:14:523PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend



Jy weet dit reeds aan die begin van dié prent: Teleurstelling wag.

Daar is iets wat net vra om verpes te word en daarom kan ek Bug met een woord opsom:

Gemors!

Bug vereis al jou konsentrasie, maar bied alles behalwe ’n genotvolle kykervaring. Boonop word die rolprent nie juis ondersteun deur ’n sterk storielyn nie. Met die woestyn as agtergrond ontmoet ons vir Agnes (Ashely Judd). Sy werk in ’n kroeg vir lesbiërs en woon in ’n motel. Sy is ’n vrou wat leef in konstante vrees; iemand wat niemand vertrou nie, behalwe haar enigste vriendin, RC (Lynn Collins). Dan daag haar gewelddadige eks (Harry Connick Jr.), wat pas vrygelaat is op parool, ongenooid by die huis op.

Intussen ontmoet RC ’n vreemde man, Peter Evans (Michael Shannon), by die kroeg en bring hom huis toe. Hy is op die oog af hartseer en gevaarlik. Maar die andersins wantrouige Agnes nooi hom om te bly. Peter herken ’n sielsgenoot in Agnes. Hulle dra ewe swaar aan ’n leeftyd van pynlike bagasie.

Dit laat hulle aan mekaar vasklou vir ondersteuning.

Peter vertrou Agnes met die donker visioene uit sy verlede. Hy vertel haar hoe daar op hom geëksperimenteer is en hoe daar insekte onder sy vel woon. Voordat jy jou vingers kan klap, is Agnes ingetrek by sy paranoïese sjarme en die twee onderneem ’n reis van self-vernietiging waaruit hulle nie kan ontsnap nie.

Die feit dat twee bekende akteurs, Judd en Connick Jr., in dié prent speel, keer nie dat dit sink nie. Dat dié rolprent boonop reguit na die DVD-formaat is en die groot skerm gemis het, spreek boekdele. – Michael Triegaardt


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |