Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


The Walker
May 01 2008 10:27:28:250AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die rykmanskind Carter Page (Woody Harrelson) bevind hom onverwags in die spervuur in die moorddrama The Walker.

Ster-Kinekor
Jacques Liebenberg

Die Amerikaanse rolprentmaker Paul Schrader, daardie soekende buitestander met sy eertydse obsessie met geweld, het rustig geword.

Van sy Sturm und Drang (Taxi Driver, Raging Bull en meer onlangs Affliction) het daar skynbaar net ’n amper geamuseerde belangstelling oorgebly. Maar hy loer steeds deur sy stukkie gekleurde glas na ’n begrip van die wêreld en, ongelukkig vir hom as regisseur, ’n balans wat hom net-net ontwyk.

Die macho Woody Harrelson (ook van vandag in die sportkomedie Semi-Pr o te sien) is ’n vis uit water in die rol van die gay rykmanskind Carter Page III, ’n “walker” in Washington se hoë politieke kringe.

Dis ’n term wat deur John Fairchild, eertydse redakteur van die tydskrif W, geskep is vir Jerry Zipkin, wat onder andere Nancy Reagan se “walker” was, vertel Schrader. “Dis een van daardie snaakse, middeljarige mans, homoseksueel, wat ryk en bekende vroue na die opera en sulke plekke vergesel.”

Carter raak by ’n moord betrokke wanneer Lynn Lockner (Kristin Scott Thomas), een van sy “kliënte”, op haar minnaar se lyk afkom.

Om haar en haar man, ’n liberale senator, verleentheid te spaar, stem hy in om haar plek in te neem.

Kort voor lank is nie net die polisie én die moordenaar op sy spoor nie, maar hy bevind hom skielik ook vriendloos; ’n uitgeworpene.

Maar, soos Schrader tereg opmerk, The Walker, wat heelwat ooreenkomste met American Gigolo toon, is veel eerder ’n karakterstudie as moordraaisel. Gelukkig daarvoor, want as riller slaag die fliek nie. Die fokus is vierkant op Carter, Schrader se “vierde en laaste” blik op die ontwikkeling van die manlike psige ná Taxi Driver, American Gigolo en Light Sleeper.

Carter dra swaar aan sy pa se nalatenskap. Hy word oral daardeur gekonfronteer en besef uiteindelik sy hele bestaan spruit daaruit.

Schrader sê Carter se enigste uitweg is om die swartskaap in die familie te wees. Hy besef eers heel aan die einde dié misplaaste lojaliteit is die gevolg van sy minderwaardigheidsgevoel; daardie drang om sy pa se spook in die oë te kyk.

The Walker is vermaaklik enersyds vanweë Harrelson se interessante vertolking en andersyds omdat veterane soos Lauren Bacall, Lily Tomlin en Ned Beatty kans kry om onderduims en betekenisvol na die ander karakters te loer. Daarby is Scott Thomas oudergewoonte oortuigend as die arme Lynn wie se drome in ’n oogwink verpletter word.

Harrelson was nie Schrader se eerste keuse vir die rol nie en hoewel sy vertolking nie deurgaans oortuig nie, beïndruk hy tog. Kort op die hakke van sy stewige spel in No Country for Old Men voorspel dit goeie dinge vir die res van sy loopbaan nadat dit nog ’n paar jaar gelede gelyk het of hy van die aardbol verdwyn het.

  • Hoofspelers: Woody Harrelson, Kristin Scott Thomas, Moritz Bleibtreu, Lauren Bacall en Lily Tomlin. Ouderdomsperk: 13TG. Tydsduur: 108 min.

  • American Gigolo (1978)


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |