Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Shutter
Nu Metro Ronel Nel Skrik enigiemand werklik nog vir spookagtige geeste wat uit telefone, televisiestelle en nou uit ’n kamera spring? Want wesenlik is dit die ou riller-resep wat net oorgeskryf word en met ’n paar nuwe bestanddele as nuut opgedis word. Shutter is die Engelse nuutskepping van ’n gelyknamige Thaise rillertreffer van 2005 en die aksie verskuif nog verder oos, van Thailand na Japan. Die pasgetroude Benjamin en Jane Shaw (Joshua Jackson en Rachel Taylor) is op reis deur Japan na Tokio, waar Benjamin werk gekry het as fotograaf. In die nag op pad na ’n hut wat hulle vir hul wittebrood huur, ry Jane ’n jong vrou raak wat in die pad loop. Wanneer hulle uit die motor klim, is daar geen teken van die liggaam nie. Die vrou se gesig bly Jane by. Wanneer sy later die wittebroodsfoto’s ontwikkel, is daar vreemde ligstrepe op. Saam met Benjamin, wat voorheen in Japan gewerk het, besoek sy ’n kenner van die para-normale. Sy reaksie is eweneens vreemd – en Benjamin kan self nie sin maak van sy reaksie nie. Al hoe meer spookagtige gebeure begin plaasvind. Benjamin se foto’s kom net so vreemd soos hul wittebroodskiekies uit. Hy word in sy donkerkamer met chemikalieë aangeval. Twee kollegas wat vantevore ook saam met hom in Japan gewerk het, word aardig vermoor. Jane kry snuf in die neus en begin om die identiteit van die jong vrou wat sy in die pad gesien het, vas te stel. Sy ontdek ’n reeks gebeure uit Benjamin se “vorige lewe”. En sy besef sy ken nie werklik haar man nie. Hoewel die gru-sekwense in die fliek met klaarblyklike behendigheid verfilm is en die regisseur duidelik ’n storie met ’n kamera kan vertel, is dit nie genoeg om te keer dat Shutter in ’n rits riller-clichés verval nie. Dit is wel verfrissend om na ’n moderne Japan met al sy anomalieë deur die geoefende oog van ’n Japannees te kyk en nie soos in Lost in translation deur die lens van ’n gaijin (buitelander) wat die land duidelik net vir ’n week besoek het nie.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|