Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Semi-Pro
May 01 2008 10:27:25:453AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Baanbrekers...Jackie Moon (Will Ferrell) en Ed Monix (Woody Harrelson) span saam om hul basketbalspan van ondergang te red in Semi-Pro.

Nu Metro
Sonnette Lombaard

Dié sportkomedie het ’n tragiese nasleep.

Rocky, die reuse-beer wat daarin verskyn, moes pas in die VSA van kant gemaak word nadat hy sy afrigter gedood het. Dis tragies, maar helaas “opwindender” as Rocky se laaste fliek.

Dis 1976 in ’n klein dorpie in die Amerikaanse Middeweste en die basketbalster Jackie Moon (Will Ferrell) se gelukskoot-treffer “Love Me Sexy” boer vooruit. Hy het dit gesteel van ’n servet waarop sy ma (Patti LaBelle) geskryf het net voordat sy dood is.

Met die opbrengs koop hy die sukkelende basketbalspan die Flint Tropics, wat hy ook afrig en voor speel.

Die American Basketball Association (ABA) se baas, Alan (David Koechner), beoog samesmelting met die nasionale en meer professionele NBA-liga wat die einde van die Tropics kan beteken. Jackie stel voor die vier spanne wat die beste vaar, moet na die groter liga deurdring.

Begeesterd koop hy Ed Monix (Woody Harrelson woel weer voor die kamera) van die NBA-kampioenspan Boston Celtics. Monix wil egter ook van die baan punte aanteken met sy oud-liefie Lynn (ER se Maura Tierney).

Intussen moet Jackie al wat foefie – soos sy stoeiery met die beer – uitruk om te wys die Tropics het ’n gevestigde en lojale ondersteunerskorps. As Monix dan die span begin brei ook, lyk die pad na bo oop.

Die fliek spog met die gekombineerde komiese talent van Ferrell, Harrelson en Andy Richter en opkomende sterre soos Will Arnett (saam met Ferrell in Blades of Glory). Maar die nuweling-regisseur Kent Alterman slaag nie daarin om dit saam te snoer vir ’n slam-dunk nie.

As sportmelodrama, oudergewoonte met Ferrell as die hoof-hanswors, hou meer gape as skaterlag die telbord aan die rol.

Die verkleurmannetjie Harrelson, ook van vandag in ’n heel ander rol in The Walker (lees die resensie op bl. 3) te sien, tree met eer uit die stryd, met aan sy sy die lieflike Tierney. Bygesê, Harrelson het sy basketballe reeds sekuur in White Men Can’t Jump gegooi. Jackie Earle Haley (Little Children) het ’n lekker kameerol as ’n blommekind-ondersteuner.

’n Mens moet Ferrell en sy grapmaters punte gee dat hulle ongestoord hul werk voortsit, maar tussen die tref-en-mis is Semi-Pro getrou aan sy titel.

Sport- en spesifiek basketballiefhebbers kan die terugreis interessant vind as ’n soort ode aan die tyd toe die nou magtige NBA-basketballiga kompetisie gekry het van die ABA. Nie net op die baan nie, maar merendeels daarvan af waar die ABA staatgemaak en gedy het op die spelers se flair en aantrekkingskrag as bykomende bemarkingswaarde.

Dit het natuurlik die weg gebaan vir deesdae se stinkryk sportsterre en hul superglanslewens.

  • Hoofspelers: Will Ferrell, Will Arnett, Woody Harrelson en Maura Tierney. Ouderdomsperk: 16T. Tydsduur: 93 min.

  • Talladega Nights: The Ballad of Ricky Bobby (2006)

  • Hot Rod (2007)


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |