Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Made of Honor
May 01 2008 10:27:23:203AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Beste vriende...Tom (Patrick Dempsey) en Hannah (Michelle Monaghan) se verhouding bevind hom in gevaarwater in die romantiese komedie Made of Honor.

Ster-Kinekor
Jacques Liebenberg

Die Grey’s Anatomy-ster Patrick Dempsey het sy merk as tienerakteur aanvanklik in romantiese komedies gemaak.

Dempsey was groot nuus danksy die sukses van springmielie-vermaak soos Can’t Buy Me Love en Loverboy. Dis dan seker gepas dat sy rolprentloopbaan opnuut met soortgelyke flieks vlamvat. Hy was verlede jaar in die fantasie-treffer Enchanted te sien en nou maak hy sy opwagting in ’n stukkie Hollywood-stapelkos.

Dempsey is die skatryk New Yorkse uitvinder Tom, wat baie streng reëls oor sy verhoudings met vroue het. Hy slaap nie op twee opeenvolgende dae met dieselfde vrou nie; wag 24 uur voordat hy ’n vrou bel sodat hy nie dalk desperaat lyk nie; en sy seksmaatjies word nie aan die familie voorgestel nie.

Sy beste vriend is Hannah (Michelle Monaghan) want sy was jare gelede aan universiteit dodelik eerlik met hom toe hy per ongeluk by haar in die bed beland. Sedertdien is hulle groot maats en Tom maak nie ogies vir haar nie, want dan kan hulle nie meer vriende wees nie.

Wanneer Hannah vir ’n paar weke Skotland toe gaan vir werk, besef Tom vir die eerste keer hoe belangrik sy eintlik is. Maar daar kom dadels van, want Hannah kom as verloofde vrou terug. Haar held is Colin (Kevin McKidd van Rome-faam), ’n skatryk graaf, en hulle trou binne twee weke X en Tom moet haar strooimeisie wees.

Made of Honor se kykbaarheid is eerstens te danke aan Dempsey se oortuigende spel as die vroujagter-met-’n-goue-hart en tweedens danksy die feit dat die humor nie oordrewe is nie. Dempsey se tydsberekening is nommerpas en dit word aangevul deur uitstekende vis-uit-water-tonele, soos dié waarin hy en sy pokervriende geskenkmandjies vir die kombuistee moet pak. Soos die een tereg opmerk: “Ek kan my spermselle een vir een voel doodgaan.”

Van walghumor en toiletgrappe is daar genadiglik geen teken nie en selfs ’n storttoneel ná ’n basketbalwedstryd is vermaaklik. Paul Weiland, regisseur, stel sy lens ook liefderik op New York in die somer en die asemrowende Skotse landskap in en dit verhoog die produksiewaarde verder.

Die fliek se groot tekortkomings is Monaghan en die feit dat dit ’n genre-prent is. Monaghan oortuig nie in romantiese hoofrolle nie.

’n Mens kan nie tussen haar karakters in, sê maar, The Heartbreak Kid en Made of Honor onderskei nie en hier is sy bloot ’n bloudruk van dié soort karakter.

Daarby skiet die slottonele onvermydelik tekort. Tom en Hannah baklei en Tom blaas die aftog, maar ’n maniese perdrit na die kerk volg want daar is natuurlik geen ander vervoermiddel beskikbaar nie. En almal weet op presies watter oomblik in die seremonie gaan die held by die kerk inbars.

Maar dit daar gelaat. Made of Honor gaan daaroor om Patrick Dempsey se McDreamy-status uit te buit.

En aanhangers kan hul lippe aflek – Dempsey pronk nie net in ’n verskeidenheid uitrustings nie, maar is ook ’n paar keer sonder hemp. Boonop neem hy in ’n eina-klein Skotse rompie aan die Hoogland-weergawe van boeresport deel.

En hy kry natuurlik die meisie.

  • Hoofspelers: Patrick Dempsey, Michelle Monaghan, Kevin McKidd en Sydney Pollack. Ouderdomsperk: 13OL TS. Tydsduur: 101 min.

  • The Wedding Date (2005)

  • 27 Dresses (2007)

    Wen! Wen!

    Tien Plus-lesers kan elk ’n Made of Honor-geskenkpak van Ster-Kinekor wen.

    Dit bestaan uit ’n swart grimeersak en ’n manikuurstel in ’n silwerkleurige metaalhouer.

    SMS die woord Beeldplus, die antwoord op die vraag en jou voornaam en van na 33724. Dit moet ons vandag teen 20:00 bereik. ’n SMS kos R1,50.

    Vraag: Patrick Dempsey vertolk die hoofrol in Made of Honor. In watter onlangse skooldrama het hy teenoor die Oscar-wenner Hilary Swank gespeel?


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |