Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


My Blueberry Nights
May 01 2008 10:27:21:783AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Eiewyse eva...Sue Lynne (Rachel Weisz) laat geharde manne vou.

Nu Metro
Sonnette Lombaard

Daar is ’n deel in dié lank afgewagte fliek waar jy dink “a-ha, hier kom die ware Susara nou” wanneer Norah Jones en Natalie Portman in ’n afslaan-sportmotor die Amerikaanse woestyn afblits.

Nes Thelma en Louise, sien, maar helaas, dis kortstondige beelde in ’n andersins futlose road movie.

En hoewel groot gewag gemaak is van die singsensasie Jones se rolprentdebuut, en dit in die hoofrol, is dit die veteraan Portman – inderwaarheid twee jaar jonger as haar medester – wie se spunky spel die prent tydelik lig.

Ja, die fraaie Jones se stem is strelend geliefd, maar hier tel toneelspeel en dit help nie dat sy nie ’n dooie duit daarvan agter haar het nie. Toegegee, die kamera liefkoos luierend haar fyn ongewone skoonheid (te danke aan haar multikulturele agtergrond).

Sy speel Elizabeth of Lizzie of Beth, ’n New Yorker, wat in ’n laatnag-kafee na getuienis soek van haar vermoede dat haar kêrel haar verneuk. Wat sy kry as die Engelse eienaar, Jeremy (Jude Law, The Holiday), hom en die ander vrou onthou. Sy en Jeremy ruil diep dinge oor die lewe en liefde tussendeur happe van die oorblyfsel-terte (vandaar die titel).

Eindelik vat Lizzie die pad om haar hart te heel. Sy hou per poskaart kontak met Jeremy sonder om te skryf waar sy haar bevind.

Onderweg ontmoet sy verskeie karakters wat haar lewensuitkyk help slyp.

In die Suide bedien sy die depressiewe polisieman, Arnie (David Strathairn), wat sy sorge verdrink nadat die hardkoppige Sue Lynne (Rachel Weisz), hom die trekpas gegee het. Later kry sy werk in ’n casino waar sy die lewenslustige dobbelaar Leslie (’n blonde Portman, The Other Boleyn Girl) ontmoet en hulle ’n tyd saam vertoef.

Benewens Portman se sprankelspel, duik haar Britse kollegas Law en Weisz (The Fountain) liederlik in die hek. Selfs nie die staatmaker Strathairn, wat weet hoe om ’n ondersteunende rol lyf te gee, maak ’n indruk nie.

Die fout lê waarskynlik agter die kamera, waar die kultusregisseur Kar Wai Wong van Hongkong, met sy Engelse debuut, wel, woes teleurstel.

Jy kry die idee hy was self koersloos en het die storie gestik soos hy aangegaan het. Baie is byvoorbeeld geskryf oor daai soen tussen Law en Jones, wat hy glo 150 keer oorgeskiet het – en dan maak dit jou nie eens lam in die knieë nie.

Wong erken die hele oefening was ’n waagstuk en die getuienis wriemel onbeholpe die skerm vol met onder meer flitsende en nikssegende nagskote. Allermins strelend op die oog of oor. Dis ironies dat ’n fliek met Jones as die lokmiddel ’n klankbaan so power inspan.

Dis jammer, want Wong se voortreflike In The Mood for Love (2000) het groot verwagtinge gestel. Die fyn kuns uit die Ooste om deur die grootdoek mood só te transendeer, het al vir vele onvergeetlike oomblikke gesorg.

En die briljante Taiwannees Ang Lee het ná Crouching Tiger, Hidden Dragon gewys dis grensloos haalbaar met sy ewe kragtige én deurbraak Hollywood-gayprent Brokeback Mountain.

Wong sal weer moet probeer.

  • Hoofspelers: Norah Jones, Jude Law, Rachel Weisz en Natalie Portman. Ouderdomsperk: 13T. Tydsduur: 95 min.

  • Duets (2000)

  • Sideways (2004)


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |