Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Closing the Ring
May 08 2008 03:55:22:660PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Nu Metro

Sonnette Lombaard

Terwyl aksierolprente met reuse-begrotings en hul opvolge by die loket die botoon voer, is ’n outydse prent soos dié ’n welkome afwisseling.

Ongelukkig kan presies dit ook die fliek op die kringloop kortwiek – dis te betwyfel of die mark wat deur die jonger geslag oorheers word, oorgretig is vir ’n stadige storie oor vyf dekades en twee vastelande met sy kern in die Tweede Wêreldoorlog.

Al is dit ook lord Richard Attenborough (Gandhi) voor wie se kamera dit afspeel.

Dit geld ook gedeeltelik vir Closing the Ring wat geskryf is deur die Britse TV-skrywer Peter Woodward, seun van die akteur Edward. Vir sy debuut-rolprentdraaiboek het hy ’n ware storie as bron gebruik.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog was 300 000 Amerikaanse soldate in Ierland gestasioneer. Tien van hulle het op 1 Junie 1944 gesterf toe hul B-17-bomwerper in mis in ’n Belfast-heuwel vasgevlieg het. Vyftig jaar daarna is ’n trouring op die ongelukstoneel gevind. Dit het Woodward aan die dink gesit oor al die mense wat met die ring ’n band gehad het en siedaar – sy liefdestorie teen die agtergrond van konflik, waarin hy ook wys hoe mense verskillend aan ingrypende tye vasklou.

In ’n Michigan-gemeenskap in 1941 raak drie vriende en lugsoldate verlief op dieselfde meisie. Die mooie Ethel Ann Roberts (The OC se Mischa Barton) kies Teddy Gordon (nuweling Stephen Amell) en gee haar hart en hand aan hom die aand voor hulle vertrek na die slagveld. Hy laat Chuck Harris (David Allpay) belowe hy sal na Ethel omsien as hy nie terugkeer nie. Twee jaar later sterf Teddy.

Ethel trou met Chuck by wie sy ’n dogter het. As hy in 1991 sterf, raak Ethel (Shirley MacLaine) en haar dogter Marie (Neve Campbell, The Company), wie nie wis van haar ma se hartseer geheim nie, toenemend vervreem van mekaar. Net Jack Etty (stewige spel deur Christopher Plummer), nou al oorlewende van die driemanskap, deel die geheim. Hy koester steeds ’n gevoel vir Ethel.

Hul lewens word omver gegooi toe ’n Ierse tiener ’n trouring waarin Ethel en Teddy se name gegraveer is, opgrawe. Jimmy Reilly (die belowende Belfast-jongeling Martin McCann) spoor Ethel in die VSA op, wat na Ierland reis om haar verlede te konfronteer. Daar ontmoet sy Mi-chael Quinlan (Pete Postlethwaite, The Constant Gardener) wat destyds die ongeluk gesien gebeur het en Jimmy se ouma Eleanor (Oscarwenner Brenda Fricker op haar stukke).

Vir die 84-jarige Attenborough was die fliek bittersoet omdat hyself as lugsoldaat in die oorlog geveg het. Dit herenig hom ook met veterane MacLaine en Plummer. Hy vleg tydsaam die hede en verlede vanaf die konflikvelde van die Tweede Wêreldoorlog na die hedendaagse in Noord-Ierland.

Met ’n sentimentele storie wat melodramaties meesleurend wil manipuleer, doen Attenborough se handuitgesoekte span deurgaans hul ding, hoewel die vuurwerke nooit spat nie. MacLaine, strydros wat sy is, speel egter hier weer haarself.

Attenborough hoop sy periodestuk laat kykers met die gevoel dat liefde, humor en meelewing die wêreld ’n beter plek kan maak. Was dit maar so maklik.

  • Hoofspelers: Shirley Mac-Laine, Christopher Plummer, Mischa Barton, Pete Postlethwaite en Brenda Fricker. Ouderdomsperk: 13NTG. Tydsduur: 119 min.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |