Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


21
May 08 2008 03:55:17:787PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Ster-Kinekor

Jacques Liebenberg

Dié dobbelfliek ontvou soos ’n moderne sprokie.

En, in lyn met Hollywood-riglyne, is daar geen ongemaklike verrassings nie. Dit beteken dis spannend vir solank ’n mens jou brein afgeskakel hou.

Die fliek is gegrond op Ben Mezrich se 2002-artikel in die tydskrif Wired en sy gevolglike topverkoper-boek oor ’n groep M.I.T.-studente wat die Las Vegas-stelsel geklop het. Die ster van dié groep was Jeff Ma, wat in die 90’s aan M.I.T. gestudeer het toe hy vir die blackjack-span gewerf is. Ma maak ’n kameeverskyning as ’n blackjack-deler.

In die fliek is die Ma-karakter die briljante, doodgoeie student Ben Campbell (Jim Sturgess), wat in ’n klerewinkel werk vir ekstra geld, maar dit sukkel maar. Hy word deur die anderster wiskunde-prof Mickey Rosa (Kevin Spacey, ook vervaardiger) genader om lid van Rosa se blackjack-span te word. Hulle tel die kaarte om te kan wen. Natuurlik is die verskriklik eerlike Campbell aanvanklik teensinnig, maar net totdat die oulike Jill Taylor (Kate Bosworth), reeds lid van die span, ogies vir hom maak.

Van daar is dit net afdraande soos Campbell deur Taylor se kurwes en die Vegas-leefstyl verlei word.

Om die broodnodige spanningselement te verskaf, is daar die casino-sterkman Cole Williams (Laurence Fishburne).

Dis nie onwettig om kaarte te tel nie, maar vang Williams ’n kuller slaan hy hom pap.

’n Storie soos 21, hoewel dit niks nuut bied nie, het potensiaal vanweë die M.I.T.-bleeksiele wat hulle in Vegas soos rock-sterre gedra. Maar Spacey-hulle, met die regisseur Robert Luketic (Legally Blonde, Monster-in-Law) aan die spits, maak van die prent ’n glansproduk sonder karakter. Spacey se spel as die gewetenlose Rosa is die hoogtepunt X en dis die enigste kolletjie lig.

Van die bleeksiele wat ’n gedaantverwisseling ondergaan, is daar geen teken nie; dié studente lyk cool al sitlê hulle net in die klaskamer. En natuurlik is die warmste meisie op kampus ’n wiskunde-ster.

Daarby word die arme casino-mense se intelligensie liederlik onderskat. Hulle bring hul hele skof deur om die tafels en spelers te bestudeer, maar sien nie die studente se belaglik ooglopende handtekens nie. Dis te dik vir ’n daalder in ’n fliek wat veronderstel is om “slim” te wees. Wanneer daar eers sulke foute gemaak word, verloor die storie sy geloofwaardigheid.

Dit word vererger deur die feit dat dinge so voorspelbaar en die karakters so stereotiep is. Hulle bly regdeur eendimensioneel en dis net die altyd betroubare Spacey wat lyk of hy vooraf aan sy karakter se ontwikkeling gedink het.

21 lyk dalk goed, maar dis al. Om geld op dié fliek te verwed, is om dit in die water te gooi. Kry eerder weer The Cincinatti Kid met Steve McQueen of John Dahl se wonderlike Rounders op DVD.

  • Hoofspelers: Jim Sturgess, Kate Bosworth, Kevin Spacey en Laurence Fishburne. Ouderdomsperk: 13G. Tydsduur: 120 min.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |