Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Tradisionele concerto’s en orkeswerke vir JPO-seisoen
May 05 2008 03:02:44:807PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Thys Odendaal


Drie pianiste, twee violiste en ’n tjellis is die solistiese inspraak, in tradisionele trant, vir die Johannesburg Philharmonic se tweede simfonieseisoen vanjaar, wat môreaand in die Linder-ouditorium in Parktown begin. Oudergewoonte word die Woensdag-konserte Donderdae herhaal.

Dié seisoen is verleng van die gebruiklike vyf programme (tien konserte) na ses programme (12 konserte), met die bywoningsyfer van konserte wat voortdurend styg en konserte wat dikwels uitverkoop is.

Die drie pianiste is die Amerikaans-Indiese solis Pallavi Mahidhara, wie se ouers in Johannesburg woon. Sy herhaal haar skitter-weergawe van die Rapsodie op ’n tema van Paganini van Rachmaninof, wat sy tydens die eindronde van die Vodacom Unisa Internasionale Klavierkompetisie in Pretoria uitgevoer het. Ook die ander twee concerto’s wat deur pianiste uitgevoer word, is immer in konsertrepertoriums – Chopin se No. 2 met Boris Giltburg voor die orkes en Rachmaninof se No. 2 met die Amerikaanse pianis Anton Nel, Suid-Afrianer van geboorte wat ’n uitgebreide konsertreis in sy geboorteland onderneem.

Die twee violiste is Min-Jin Kym, ’n Koreaan wat nou in die VSA woon, wat die seisoen inlei met Mendelssohn se sprankelende Opus 64; en die Franse violis van aansien, Philippe Graffin, wat reeds dikwels in Gauteng opgetree het. Hy speel Brahms se Vioolkonsert.

Die tjellis wat besoek aflê, is Dmitri Kouzof: die enigste solis wat so effens buite die gewone beweeg met Miaskovsky se concerto.

Die puik Switserse dirigent Emmanuel Siffert keer terug vir die eerste twee konserte en dirigeer die JPO in drie welbekende orkeswerke – Dvorák se Nuwe Wêreld, Debussy se La Mer en Ravel se La Valse. Michal Dworzynski en Grant Llewellyn maak albei hul debute met dié orkes. Dworzynski dirigeer onder meer Tsjaikofski se Vyfde simfonie en Brahms se Vierde. Llewellyn loop ook op die veilige spore met Elgar se Enigma-variasies en Vaughan Williams se Londense simfonie.

Kaartjies by Computicket kos tussen R85 en R160, met korting vir seniors en studente.

Navrae: 0 011 789 2733.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |