Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


’n Sama-koms van vele kulture
May 05 2008 03:02:37:353PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Tasha Baxter is as die belowendste nuweling aangewys.
Die Samas was vanjaar weer ?n glanshoogtepunt op die plaaslike musiekkalender. Anna-Retha Bouwer gee haar indrukke van die geleentheid.

Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Musiekpryse, oftewel die Samas, is die afgelope naweek by Sun City oorhandig te midde van al die styl en glamour wat die geleentheid teen hierdie tyd kenmerk.

Al die who’s who in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf was daar om te kyk hoe die presteerders vir hul bydrae vereer word.

Soos verlede jaar is die prysoorhandigingsfunksie oor twee aande versprei, met die meeste van die pryse in die Afrikaanse mark wat Vrydagaand oorhandig is.

Die onverwagte koue reënweer het die organiseerders genoop om die beplande buitelug-funksie Vrydagaand binnenshuis te verskuif, maar die sober konferensiesaal waarin dit toe gehou is, kon nie die entoesiasme van die wenners demp nie.

Die komediant en Strictly Come Dancing-mededinger Trevor Noah was die politiek inkorrekte seremoniemeester, en geen bevolkingsgroep is onsensitiewe grappies gespaar nie. Sensitiewe ore is ook nie growwe taal gespaar nie. (Dink die p-woord...)

Theo Crous van die groep Kobus! het gister gesê hulle was regtig verbaas om in die kategorie beste Afrikaanse rock-album te wen met hul album Swaarmetaal.

“Ons het glad nie gedink ons sal wen nie. Ons musiek is nie kommersieel nie en ek en Francois (Breytenbach) maak hoofsaaklik musiek om onsself te vermaak.”

Hy het gesê omdat hulle altwee uit ’n heavy metal-agtergrond kom, hulle heel gemaklik in die genre is, maar dat dit nie beteken dat Kobus! se volgende album ook ’n heavy metal-een gaan wees nie.

Hy het ook gesê dat hulle tans besig is om te beplan aan ’n toer in Duitsland later vanjaar, en dat ander Europese lande moontlik by die toer ingesluit gaan word.

Kurt Darren het Saterdagaand sy koningskap van die dansvloer herbevestig deur weer te wen in die kategorie vir beste Afrikaanse sokkiedans-album vir sy album Voorwaarts Mars. Hy het die titelsnit van hierdie album ook by die gala-geleentheid Saterdagaand gesing.

Hy het gister telefonies gesê dat hierdie kategorie ’n goeie een is om in te presteer omdat dit ’n groot deel van die mark verteenwoordig. Hy het ook gesê dat sy volgehoue sukses nie beteken dat hy nou op sy louere kan rus nie en dat hy sal aanhou om sy standaard te verbeter.

Wat van die Samas ’n aand van goeie kruisbestuiwing maak, is die blootstelling wat dit jou aan ander musiek gee.

Die groot aantal swartes in die gehoor kon byvoorbeeld nie stilsit op Kurt se klanke nie, terwyl die wittes hulself kon oorgee aan die ritme van manne soos DJ Vetkuk.

Wat vir my verbasend was, was hoe gewild gospelmusiek in Suid-Afrika is. Die CD wat die meeste eenhede in Suid-Afrika verkoop het verlede jaar is Izenthembiso Zenkosi van die Ncandweni Christ Ambassadors. Hul DVD het ook die meeste eenhede in die land verkoop.

Opmerklik baie van die kunstenaars het ook eerstens hul Skepper bedank vir hul sukses.

Die groep Freshlyground het gewys waarom hulle so gewild is deur met drie Samas weg te loop vir Macheri – vir beste groep, album van die jaar en beste volwasse kontemporêre album in Engels.

Suid-Afrika se musiekbedryf is ’n woud met ’n klomp verskillende boomspesies, maak die Samas duidelik. Maar dit is vrugbare grond waar daar vir elke boom ’n stukkie grond en die nodige mark en erkenning is.

) In die Sunday Times is Sondag beswaar gemaak deur sommige kunstenaars dat die beoordelingstelsel van die toekennings nie deursigtig genoeg is nie.

Sean Watson, uitvoerende hoof van die Samas, het gister aan Plus gesê dat daar niks duister omtrent die stelsel is nie.

“Die enigste rede hoekom ons nie voor die toekenning van die pryse die name van die beoordelaars bekend maak nie, is omdat ons moontlike korrupsie wil vermy en wil keer dat die beoordelaars onder enige druk geplaas word. Daarna word die name egter bekend gemaak en is beskikbaar vir enigiemand,” het hy gesê.

Die Sama-komitee maak van ’n paneel buite-beoordelaars bekend en volgens Watson is meer as 200 mense betrokke by die proses.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |