Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Ou én nuwe Nataniël
May 06 2008 04:37:22:873PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die sanger-liedjieskrywer en verhoogkunstenaar Nataniël reis eersdaags in ’n eenmalige vertoning deur hoogtepunte in sy loopbaan.

In dié produksie deel die Stellenbosse orrelis Zorada Temmingh onder andere die verhoog met hom.

Die Nataniël-konsert wat op Sondag 18 Mei om 17:00 in die Konferensiesaal op die Sunnyside-kampus van Unisa gehou word, sal ’n verskeidenheid van ou én nuwe musiek bevat.

Nataniël het reeds sowat 51 verhoogproduksies geskep en 14 albums uitgereik. Vroeër vanjaar was hy te sien in Men who Fly, sy jaarlikse groot produksie by Emperors Palace in Kempton Park.

Die Unisa-konsert bevat hoogtepunte uit sy verhoogproduksies asook nuwe musiek uit sy pen.

’n Hele nuwe versameling uitrustings word beloof, tesame met sy gewilde sketse en stories in Engels en Afrikaans. Die kostuums is ontwerp deur Floris Louw.

Naas Temmingh sal Charl du Plessis agter die klawers inskuif. Du Plessis is ’n dosent in jazz-klavier aan die Universiteit van Pretoria en die afgelope agt jaar die “eksklusiewe pianis vir Nataniël House of Music”. Hy was tydens vanjaar se KKNK in ’n produksie, Die trio, te sien waarin hy sy debuut-album bekend gestel het.

Kaartjies vir die Unisa-konsert kos R100 per persoon – slegs deur Computicket.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |