Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Crumpler met klarinet
Die Amerikaanse klarinetspeler Bryan Crumpler begin die noordelike deel van sy debuut-konsertreis deur Suid-Afrika Saterdag om 20:00 in die Goudstad vir die Johannesburg Musiekvereniging. Ná die kennismaking in die Linder in Parktown is Crumpler Sondag om 16:00 in Pretoria in die Unisa-konferensiesaal in Sunnyside. Hy sou aanvanklik Dinsdagaand in Potchefstroom opgetree het, maar dié konsert in die Konservatoriumsaal in Van der Hoffweg op die Noordwes-Universiteit se kampus is na Maandag om 19:30 vervroeg. Byna ’n week later – Sondag 18 Mei om 15:00 – is hy in die Hilton College se Memorial Hall as deel van die Memorable Concert-reeks. Crumpler is al in die internasionale pers beskryf as ’n “charismatiese solis met ’n uitstekende tegniek, wat gehore met sy musikaliteit en virtuositeit oorrompel”. Vir sy eerste Suid-Afrikaanse toer het hy ’n fassinerede program saamgestel saam met die Kaapstadse pianis Francois du Toit. Hy speel musiek van Brahms, Packovic, Poulenc, Rosenblatt, Schumann, Weber en Williams. Sy eerste CD, Monochrome, word tydens sy konsertreis verkoop en kan ook deur amazon.com bestel word. Navrae: 021 434 1325 of 082 457 0784.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|