Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Siffert terug in Linder voor JPO
May 07 2008 04:44:55:633PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die Switserse dirigent Emmanuel Siffert is terug in die Goudstad voor die Johannesburg Philharmonic (JPO) in die Linder in Parktown – vanaand om onder meer die Karnavalouverture en Nuwe Wêreld-simfonie van Dvorák te dirigeer, en aanstaande Woensdag- en Donderdagaand lei hy die orkes in The Walk to the Paradise Garden van Delius, Debussy se La mer en La valse van Ravel.

Die 41-jarige Siffert is ’n produk van die Salzburg-akademie waar hy as violis ’n lid was van die Camerata Academica Salzburg met Sandor Végh as mentor vóór hy na sy geboorteland teruggekeer het vir dirigentstudies onder Ewald Körner en daarna by Jorna Panula aan die Sibelius-akademie in Helsinki.

Hy is ewe tuis in die operahuis – Mozart se Zauberflöte (Hongarye), asook Gounod se Faust en Richard Strauss se Salome in die Gallen-operahuis; en die konsertsaal – met ’n omvangryke simfoniese repertorium: van Tsjaikofski tot Kalinnikof, Beethoven tot Chausson, Bruckner tot Respighi en Fauré tot Hindemith.

Kaartjies vir die JPO-konserte kos tussen R85 en R160 by Computicket, met aansienlike kortings vir studente en seniors.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |