Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Heenop in Pta met Streisand
Die Durbanse sopraan Mariette Heenop bring in Pretoria hulde aan Barbra Steisand met twee vertonings – op 22 Mei is sy in die Centurion-teater en op 25 Mei in die Pachas-restaurant. Dit is Heenop se eerste besoek sedert sy saam met Steve Hofmeyr opgetree het in Beautiful Noise, die huldeblyk aan Neil Diamond sowat twee jaar gelede in Kempton Park. Met haar klassieke opleiding bring sy ’n warm kwaliteit na Streisand-liedjies soos Evergreen en People, asook Andrew Lloyd Weber se Memory uit die musiekspel Cats. Die rocksanger Andries Botha sluit by haar aan vir haar vertoning in Pachas en die jazz-pianis Melvin Peters begelei haar op die klavier. Kaartjies vir die Centurion-teater by 012 664 7859 en vir Pachas-restaurant by 012 460 5063. Navrae: 083 915 8000.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|