' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Tuks se orkes vier eeufees met ‘hot hits’
May 08 2008 04:45:30:507PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Thys Odendaal

Die Universiteit van Pretoria vier vanjaar sy eeufees.

Die UP se musiekdepartement lewer ’n sterk bydrae met heelparty konserte – onder meer ’n operakonsert met die Black Ties en ’n kamermusiekkonsert aanstaande week. Maar die musiekweek begin reeds Maandag wanneer dié departement ook oorbuig na die populêre smaak – die UP Simfonie-orkes onder leiding van die blymoedige Eric Rycroft in ’n program getiteld A Hundred Years of Hot Hits: 1908 - 2008.

Die program word só in die reklamepamflet beskryf (sic): “Gehoorlede se voete gaan behoorlik jeuk, lagspiere en traankliere gaan werk met musiek uit die twintigs, die Tweede Wêreld Oorlog, musikale blyspele, die Beatles, Queeen, Elvis en ander. ’n Besoek aan die dae van disko en en ’n ruimskoot bydrae tot Afrika kan verwag word en daar is ’n eg Pretoriaanse verrassing aan die einde.”

Die Hot Hits vind om 19:00 in die Musaion op die Hatfield-kampus, met die ingang waar Roperstraat in Lynnwoodweg doodloop. Kaartjies kos R80.

Navrae: 012 420 4183.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |