Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Onbeskaamd: Live
    May 12 2008 10:14:27:350PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend



    Afrikaanse worship: nogal ’n belangrike titel in hierdie nuwe Afrikaanse geestelike CD.

    Voorbeelde van hierdie genre word op ’n ry uitgeryg, manifestasie van ’n herlewing in die geestelike lewe van die Afrikaanse Christengemeenskap. Die musiek bou op die intieme aanbiddingstradisie wat dekades reeds eers deur die Vineyard- en later deur die Hillsong- etiket (en andere) uitgereik word en nou onder Afrikaners begin posvat.

    Die gevaar bestaan egter dat elkeen op die lawaaiwa klim en net nóg ’n CD op die mark kry.

    Onbeskaamd voel eers plek-plek effens selfbewus onder die worship-vaandel.

    Dit maak voorwaar al die regte klanke met die regte woorde maar klink soms ’n bietjie soos ’n vertaling van ’n Engelse worship-album.* As die vrouestemme bykom is dit minder opvallend.

    Die Koning is hier steek die grens van performance na worship oor om die luisteraar in te sleep by ’n aanbiddingsgeleentheid. Dit volg op met Heilig is die Heer wat met die “Lank genoeg het ons buite gestaan / Te lank tevrede met die krummels van U heerlikheid,” die hartskreet na God se teenwoordigheid uitprewel.

    Die produk slaag uiteindelik daarin om hom te vestig as ’n volwaardige uitdrukking van die groeiende gety onder Afrikaners om onbeskaamd aanbiddend te verkeer. (8/10).

    *Dis moeilik om uitspraak te lewer oor ander se pogings tot aanbidding. Dit bly maar uiteindelik ’n subjektiewe ervaring.

    Vyf gelukkige lesers kan elk die CD Onbeskaamd wen.

    Beantwoord dié vraag: Wie het die meeste van die liedjies op Onbeskaamd geskryf?

    SMS jou naam en die antwoord na 33724 voor môre 12:00. Begin die SMS met Beeldplus Onbeskaamd. ’n SMS kos R1,50.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |