Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Harts-togte’ begin in Pretoria se Pierneef
Die pianis en komponis Wilhelm Joubert worstel al lank met die liefde. Enersyds werk hy al ’n dekade lank aan sy droom om die mens se soektog na liefde deur musiek en poësie te versinnebeeld, en andersyds om die vraag te beantwoord of dit werklik die liefde is wat ’n mens gelukkig maak. Vrydag en Saterdag gaan hy die resultaat van sy werk in die Pierneef-teater in Pretoria bekend stel met die Afrikaanse kabaret Harts- togte, wat die soektog na en koestering van die liefde uitbeeld. Harts-togte is saamgestel uit verskeie Afrikaanse gedigte en vertalings soos van N.P. van Wyk Louw, Antjie Krog, Ingrid Jonker, Herman de Coninck, Koos du Plessis, I.D du Plessis, Elisabeth Eybers, W.H Auden, Victor Hugo en Louw Verwey wat deur Joubert getoonset is. Joubert agter die klavier word bygestaan deur Liesel Harris wat sing, Eddie die Jager op die viool en Pieter Human is die regisseur. Joubert glo dat die produksie die meeste mense se ervaring van die liefde weer- spieël. “Ek glo dat die liefde omvattend is en nie net die erotiese insluit nie, maar ook agape (goddelike) en filia (broederliefde).” “Die liefde is iets wat die mensdom najaag, maar bly ontwyk”, sê Joubert. “Ons haat dit, ons verafgod dit. Ons begeer dit, ons verseg dit. Uiteindelik is dit niks anders nie as verlange.” Joubert sê I.D. du Plessis se gedig Vreemde liefde som Harts-togte die beste op: “Of sou ’n sprank van hierdie vuur wat in my gloei, ook hulle aanraak, sodat hul verstaan, die liefde neem ’n duisend vorme aan”. Joubert was sedert 1997 die komponis van vyf hooffeesproduksies op Aardklop in Potchefstroom en die KKNK in Oudtshoorn. Tans is hy besig met die skryf en komposisie van ’n opera gegrond op Die heks van C. Louis Leipoldt. Harts-togte is ook op 25 Junie in die Centurion-teater in Preotria en is later vanjaar in Clarence, Rosendal en Bethlehem.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|