Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Terug by sy eerste liefde
’n Mens kan jou indink dat Louis Fivaz ewe suksesvol agter ’n raadsaaltafel as op die verhoog is, want hy het al die kwaliteite wat nodig is om in albei ruimtes te slaag: vriendelik, aantreklik en dinamies. Maar tog, sê hy, is dit vandat hy weer musiek maak en op die verhoog is dat sy lewe nuwe woema gekry het. Op 35 is dit seker laat om jou loopbaan as sanger te begin, maar eintlik is dit nie heeltemal ’n nuwe pad nie. Eerder ’n oue waarvan hy afgedwaal het en nou weer herontdek het. “My groot ambisie en uitdaging op skool was om in die Vrystaatse Jeugkoor te sing,” vertel hy oor sy skooljare op Reitz in die Vrystaat. “Maar ek het gebry en die mense het gesê ek speel rugby en dat dit gaan bots met die koorsingery.” En hulle was toe reg. “Met die eerste trip wat die koor moes doen, het dit gebots met ’n rugbywedstryd.” En rugby het dié keer die stryd gewen. Sy kinderjare op die platteland was nie net maanskyn en veldbossies nie. “Ek het nie van die tipies plattelandse manier van grootword gehou nie en ek was ’n groot rebel op skool. Ja, altyd in die moeilikheid.” Deur in die skoolkoor te sing kon hy darem wegkom van die koshuis af, waar hy vir 12 jaar was. Later was hy lid van die Weermag se vermaakgroep, die Kanaries, en later het hy as lid van die lugmag net gesing. “Dit is daar waar my liefde vir sang regtig begin het.” Hier het ’n man met die naam Joseph hom leer kitaar spel. “In 1998 het ek genoeg materiaal bymekaar gemaak vir ’n eerste CD.” Nogal ’n platekontrak gekry by EMI, vertel hy, die einste maatskappy wat verlede jaar sy CD Tweede seisoen moontlik gemaak het, maar ’n destydse vennoot besluit toe op ’n ander platemaatskappy, wat kort daarna bankrot gespeel het – net toe Fivaz se album gereed was om die rakke te tref. “Dit was vir my ’n bitter egskeiding van musiek. Ek het selfs my kitaar verkoop.” Met sy rug op musiek gekeer het hy die sakewêreld betree. Deesdae is hy direkteur van die maatskappy Abpco, wat in korttermynversekering spesialiseer. En hoewel hy die sakewêreld geniet en duidelik suksesvol is, sê hy dat hy in ’n rokende werkolis verander het. Vandat die musiekgogga weer vatplek gekry het, kan hy sy kreatiewe kant, wat hy agterweë gelaat het, weer uitleef. “Ek is ’n ander mens vandat ek weer musiek in my lewe het. Ek het sommer 23 kg verloor,” sê hy. En hy het ophou rook en begin draf. Voordat hy sy CD die lig laat sien het, het vriende en familie hom een keer oortuig om van sy liedjies op ’n konsert in die Performer-teater te sing. “Ek het maar nog altyd liedjies bly skryf en het toe die Performer gehuur en ’n band bymekaar gekry.” Die idee was nie om enige kommersiële wins te maak nie, maar eerder net ’n lekker musiekaand met vriende waar hy ook die liedjies op ’n CD verkoop het. En toe verkoop hy 156 daarvan. Met ’n ompad het een CD sy weg tot by EMI gevind, wat hom oortuig het om dit professioneel op te neem en uit te reik. En toe gebeur dit, uiteindelik. “Skielik was al die negatiewe emosies rondom musiek ook sommer iets van die verlede,” sê hy. Van die 15 liedjies op sy album het hy tien geskryf. “Ek kom agter my mark is ouer, ek sou sê mense van 35 en ouer. My musiek is meer volwasse, rustige ballades, hoewel ek nou werk aan ’n paar heelwat meer danserige goed vir my volgende album.” Hy is ’n ekstrovert, vertel Fivaz, en ’n natuurlike performer. “Ek is mal daaroor om op die verhoog te wees.” “Ek weet nou waar ek inpas,” sê hy oor sy musiek. “Ek het myself gevind.” ) anna-retha.bouwer@beeld.com
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|