Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Koos was weer kwaad
May 14 2008 09:27:11:080PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Koos Kombuis së sy nuwe album Bloedrivier "was 'n traumatiese geboorte met emosionele materiaal." Foto: Arthur H Viljoen
Mariana Malan


Bloedrivier is die album wat Koos Kombuis nooit wou gemaak het nie.

Eintlik wou hy nie weer so kwaad word soos wat die lirieke op die nuwe album weergee nie. Hy kon ?egter nie die kruipende anargie en die ?gloei?lampe wat flikker en ?doodgaan ignoreer nie. Hy moes seer, ?teleur?stelling en verslaenheid oor die nuwe Suid-Afrika in woorde uitdruk, aldus sy albumomslag.

Die eerste idees vir hierdie album, vertel hy, het gestalte gekry tydens ’n staking van munisipale werkers.

“Tot kort voor dié staking was ek heel rustig, nie verlief nie en vir ?nie?mand kwaad nie.

“Dit het my nie gepla dat ek niks skryf nie. Eintlik is ek mal oor ?writ?er’s block. Ek het gewerk aan ’n mooi, rustige album, een met ’n meer versoenende element. Ek wou ?sommer so met die kitaar sit en sing, met dalk nog ’n kuns-tenaar saam met my.

“Toe begin ek weer kwaad word, en toe ek eers begin skryf, moes ek net ’n klomp kwaad uit my gestel kry.”

Hy vertel dat die vervaardiger en verwerker Schalk Joubert daarop aan?gedring het dat “alles moet uit”.

Hulle pak toe die bul by die ?horings, kunstenaars uit alle genres daag op om saam te werk, en die ?uit?einde is Bloedrivier.

Baie ?mu?siek?ken?ners beskou dit as ?Kombuis se beste album tot op hede.

“Die titel het sommer al klaar ?mis?ver?stande veroorsaak. Die ?reaksie is uiteenlopend.

“Daar is steeds verskillende groepe mense in die land: Dié wat Verwoerd wil terugbring en die ?ander wat terugbeur na die struggle. Ons sit weer met ’n Bloed?rivier?situ?a?sie.

“Maar is die oplossing nou om jou voorlaaier te gryp en soos Don Quiote windmeulens te jaag?”

Kombuis sê sy kritiek is teen ’n korrupte regering en swak diens.

“Ek dink nie aan Bloedrivier as ’n hulle-en-ons-ding nie. Daar is baie swart mense wat kan regeer. Ek het saam met dié ouens teen apartheid geveg.

“Maar ek dink ook De la Rey en Jan Smuts was koel ouens.

“Ons moet trots wees op alles wat ons eie is. Ons moet weer so trots op ons land wees soos toe Chris Barnard die ?eerste hart oorgeplant het.

“Nou moet ons ons skaam oor ’n skip vol wapens wat in ons hawe lê.”

Vir hom is die kruipende anargie ?ontstellend.

“Party dinge in die nuus kan ’n mens ignoreer, ander nie. Daar is gaps in my vriendekring van mense wat weggaan of dood is. Dis ’n illusie om te dink dat dit goed gaan in ons land.

“Dis ook net ’n fool wat dink dinge gaan regkom. Daar is geen ?bewys dat dinge eens gaan verbeter nie.”

Hy peins oor waarheen hy nou eintlik sou wil verhuis as hy moes.

“As ek die dag wil f---f, sal ek dalk Namibië toe gaan. Elke keer as ek daar is, besef ek net hoe relaxed ?al?mal is.

“Daar is nie rassisme op straat nie. Dalk is die feit dat die ?regering nie eintlik iets doen nie hul redding.”

Hy vertel dat hy fisiek siek ?geword het nadat hulle met die ?album klaar was.

“Dit was ’n traumatiese geboorte met emosionele materiaal.”

As teenvoeter vir hierdie album be?gin hy nou stadigaan aan die ?vol?gen?de een werk. Hy gaan ook ?eers?daags in Londen en België ?optree.

“In Londen is dit hoofsaaklik vir expats; ’n mens kan net so wel in Bloemfontein sing. Maar in België het ek ’n cult following.”

Hy sê hy gaan ten minste ’n jaar lank aan sy volgende album werk.

“Ek wil asseblief nie weer deur so ’n emosionele reis soos met Bloed?rivier gaan nie.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |