Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Groep kunstenaars maak stem dik teen verkragting in Centurion
Elke 23 sekondes word daar iemand in Suid-Afrika verkrag. Die groep kunstenaars wat Vrydagaand in Steak & Ale in Bothalaan in Centurion optree, het genoeg gehad. Die geld wat tydens dié optrede ingesamel word, is ten bate van WAR, oftewel Women Against Rape. Die kunstenaars en groepe wat Vrydagaand optree is Die Kaalkop Waarheid, Sonsteek, Josie Field, Brenda Burnit, The Allen Wood Project (met Albert Meintjies) en Wouter van de Venter met Carlé van Deventer en Craig. Toegang is R70 en die vertoning begin om 18:30 vir 19:00. Tweedehandse klere, sagte speelgoed, seep, waslappe, blikkieskos, toiletware, boeke en verf kan saamgebring word om te skenk as donasies vir die organisasies Childline en Helpende Hand. Bespreek by 0 012 614 5155.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|