Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Is God ’n demokraat?
Is God demokraties? Dis die vraag wat gevra word in Bloody Cartoons. Plus het ’n paar Suid-Afrikaners genader om te hoor hoe hulle dié vraag sou beantwoord: Dit hang af van watter God jy praat. Die God van my Katolieke kinderjare was nie demokraties nie, maar taamlik outokraties en iemand om voor bang te wees. Maar dan weer, hierdie God het in werklikheid die patriargale gemeenskap van die priesters verteenwoordig. Die God in wie ek nou glo, is demokraties en glo in vrede en geregtigheid en demokrasie en gelyke regte vir alle rasse en geslagte. Maar as jy die Bybel lees, wat meestal vir mans deur mans geskryf is, is God beslis nie demokraties nie. Dit plaas die onus op ons om die tye te verstaan waarin die outeurs dit geskryf het en om deur die verwarring te sif om die werklike beginsels van geloof te vind. Ek het myself al hierdie vraag afgevra en veral die laaste tyd gewonder of die ou Suid-Afrika ’n teokrasie was eerder as ’n demokrasie. Ek kom al meer agter daar is mense wat God sien as iemand wat ’n spesifieke stam verteenwoordig en net aan hulle kant is. Dit is waar baie van die konflik vandaan kom. So, dit hang af van watter God jy praat. Die God waarin ek glo, is versoenbaar met humanisme, individualisme, liberalisme en demokrasie. Daar is baie mense wat God sien as ondemokraties en ek het ’n probleem daarmee, want hulle sien my as ’n heiden omdat ek anders glo. Ek gaan die maklike uitweg hier neem. Ek het geleer uit ander mense se foute wat politiek en godsdiens met mekaar vermeng het – wat ek wel weet, is dat God liefde is. Bestaan Sy? Ek het baie daaroor gedink en, ja, God is beslis demokraties. Want jy het keuses, dis die een ding wat ons het: ons kan kies. Dis ’n absurde vraag. Ek kan net lag om te dink ons kan onsself as genoegsaam ag om dit te vra. God het my nog nie as ’n Facebook-vriend bygevoeg nie, anders sou ek Hom sommer self gevra het. Ons probeer nog verstaan wat demokrasie presies beteken. Ek sou sê my begrip van God transendeer al hierdie bespotlikheid en die begrippe wat ons as mense geskep het. Ek dink Hy sit daarbo en dink, “Sjoe, maar hulle is snaaks”. Nie een van die woorde in my woordeskat kan my idee van God eens behoorlik omskryf nie. In Korinthiërs staan daar dat ons net ten dele verstaan en ek dink ek verkies dit so. Ek dink nie dis eens vir ons bestem om dit te kontempleer nie. Is dit hoegenaamd moontlik om hierdie vraag te beantwoord? Wie is ons om God te ken (watter geloof dit ookal is wat jy navolg). Dit is onmoontlik om die eteriese of geestelike in menslike sekulêre terme te meet. God bring mense in hierdie wêreld in en neem hulle ook weer daaruit. Ons word geleer dat God almal ewe lief het en dat God jou sal vergewe as jy om vergifnis vra. As jy vir my een demokratiese gemeenskap wys wat op daardie manier werk, sal ek sê dat God demokraties is. God is verhewe bo enige menslike stelsel soos demokrasie. God is teokraties, afgelei van teologie, met ander woorde Hy gee vir ons sekere voorskrifte waarvolgens ons moet leef en dis ons keuse of ons dit gaan uitleef of nie. Dit bly ons demokratiese reg om te kies, maar as jy verkeerd kies, gaan jy in die warm kloue van die outokraat van duisternis beland en dan het jy geen keuse meer nie.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|