Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Diere-rubriek
Marga Ley Hulle is slimmer troeteldiere as die gemiddelde hond of kat, leef baie langer, is liefdevol en hulle leer kinders verantwoordelikheid van vroeg af. 'n Goedgeteelde miniatuur-perdjie moet presies soos 'n groot perd lyk, sê mev. Nicolette de Klerk van die Stroptop-stoet naby Migdol in Noordwes. Behalwe natuurlik dat hy nie hoër as 'n meter met sy kambeen (skof) van die grond af mag staan nie. "Mini's het 'n groot hart en ek teel spesifiek vir temperament. My perdjies mag nie skop of byt nie. Hulle is liefdevol en mensgerig." "Die perdjies voel heeltemal gemaklik om in die huis rond te loop en is intelligent genoeg om sindelikheid te leer." "Totdat ek my kinders se ou tandering uitgekrap het, het my vulletjies hul tandekry-jeukery op die banke in my studeerkamer kom uithaal." "My perdjies word nie net gebruik vir rylesse vir kinders nie, maar sal ook konfetti op troues versprei, die ringe inbring of troukoek bedien. Hulle is rustig en sal nie skop as iemand van agter hulle verby loop of aan hul sterte vat nie. Ek voel ek moet 'n kind by hulle kan vertrou." "Ek gebruik hulle ook vir terapie vir kinders met probleme," sê De Klerk. 'n Perdjie as troeteldier kan maklik in die stad op 'n gewone erf aangehou word. Die versorging van die dier - soos opsaal, roskam, kos gee, stal skoonmaak - leer kinders vroeg verantwoordelikheid. Sommige munisipaliteite vereis permitte om sulke diere in die dorpsgebied aan te hou. De Klerk sê die perdjies soek nes enige ander dier liefde en aandag. "As ons braai, sal my een perdjie sy kop op my skoot kom sit om gekrap te word." Miniatuurperdjies is nie dwergies nie en ook nie dieselfde as ponies nie. Ponies is gewoonlik groter en baie bonkiger met vuriger temperamente, sê De Klerk. Vrae en antwoorde Hester Kriek van Kilnerpark, Pretoria skryf: My vriend Eddie Erlank woon op die eiland Mallorca naby Spanje en het 'n ontstellende ervaring gehad met 'n jong ma-kat wat haar by sy huis tuisgemaak het vir die geboorte van haar kleintjies, en toe twee na geboorte opgeëet het. Hoe verklaar 'n mens dit? Dit was vir hom uiters ontstellend 'n mens wonder wat hier gebeur het. Dr. Quixi Sonntag, veearts en dieregedragskundige, antwoord: Ma-diere eet soms wel hulle kleintjies en dit is skynbaar meestal omdat hulle voel daar is iets fout met die kleintjie (hulle sal dit liewers eet as laat rondlê, want dan kan roofdiere dalk die nes uitruik en die res van die kleintjies of groep doodmaak), of as gevolg van angstigheid. Hulle is dalk van nature senuweeagtig, of omdat iets in die omgewing hulle senuweeagtig maak. Baie keer vind 'n mens nooit uit wat die rede regtig was nie. Dit sal egter heel waarskynlik weer met volgende werpsels gebeur, dus is dit maar beter om sulke diere te steriliseer. Ons sien dit ook met honde, veral bulterriërs. Ek is op die oomblik besig om my groot honde self te leer. Ek soek asseblief raad om hulle te kry om nie teen 'n mens op te spring nie. Albei doen dit. Sonntag skryf in haar boek Complete Puppy School dat opspring deel is van aandagsoekende gedrag. Jong honde wat buitengewoon baie aandag soek, raak verslaaf daaraan en sal enige aandag soek, of dit nou negatiewe aandag (raas) is of positiewe aandag. Dit is gewoonlik honde wat reeds baie aandag kry - maar hoe meer hulle kry, hoe meer soek hulle. Aandag aan hierdie diere moet beheer word. Hulle moet leer hulle sal genoeg aandag kry wanneer dit tyd is daarvoor, maar dat aandag nie permanent op hul aandrang beskikbaar is nie. Ignoreer die hond wanneer hy spring, blaf of op ander maniere jou aandag afdwing. Gee hom aandag wanneer hy soet is - soos wanneer hy stil lê of met sy speelgoed speel. Navrae oor "daardie klankie": Talle lesers het navrae gestuur oor honde wat stink winde laat. Is daar iemand wat raad het? Stuur dit na troeteldier@beeld.com.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|