Peetkinders
Huise is nie jaloers nie. Huise is lankmoedig en vriendelik, word nie verbitterd nie en reken die kwaad nie toe nie.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Liefdevol én braaf
    Feb 08 2008 09:26:36:063AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend

    Marga Ley

    ‘Baie brak in ’n klein lyf”.

    Bogenoemde is ’n effense losse vertaling van die Latynse gesegde multum in parvum, maar dié beskrywing is 100% in die kol vir enige mopshond wat sy naam werd is.

    ’n Goed-geteelde mopshond of pug is gewoonlik ’n stewige, vierkantige skoothond met ’n gebit wat enige ortodontis se droom is.

    In dié kompakte verpakking is daar die persoonlikheid en karakter van ’n tamaai-groot hond.

    Een Johannesburgse mops-ma sê haar hond laat haar nogal baie aan ’n goudstaaf dink.

    “Die hond is kompak, kosbaar en trots Suid-Afrikaans.”

    Mopshonde is nie pieperig nie en ly nogal dikwels aan ’n Dawid en Goliat-sindroom.

    Gaan vra maar vir jou veearts hoeveel “brawe” mopse het al tweede gekom omdat hulle voel hulle kan groot boerboele aanvat.

    Hulle is ook nie bang om motorfietse straat-af te jaag nie.

    Hoewel die ras eers in die sewentigerjare in Suid-Afrika gewild geword het, is dit een van die heel oudste honderasse in die wêreld.

    Mopshonde is al in 400 v.C. in Boeddhistiese-kloosters in Tibet as troeteldiere aangehou.

    Die ras het tussen die 14de en 19de eeu baie gewild geword in die koningshuise van Europa en was as gevolg daarvan gesogte troeteldiere.

    Mopse is mens-vriendelik en dié frommel-gesigte skrop sommer baie gou nes diep in ’n mens se hart.

    Vir ’n mops is die rede vir sy bestaan om naby sy mens(e) te wees. Hulle is spelerig en gek oor kinders.

    Die omgekeerde is ook waar – kinders is gek oor mopshonde.

    Jou mops sien jou kind as ’n mops-grootte mensie en sal enigiets doen om die kind gelukkig te maak.

    Mopse pas maklik aan en sal gelukkig wees in ’n klein woonstelletjie of groot plaashuis – net solank daar mense saam met hom bly.

    ’n Goedgeteelde mopshond is vierkantig en stewig. Sy bene en lyf moenie te lank wees nie en ’n groot kop is ’n bonus.

    ’n Mooi mopshondstert het ’n stywe dubbele krul. En dié stert is nogal ’n barometer van die hond se emosies.

    As die stert styf opgekrul is, is jou mops gelukkig. As die stert hang, kan jy maar weet, iets pla.

    As jy die eienaar van ’n mopshond is, het iemand êrens al vir jou gevra: “Haai, het jou hond teen die agterkant van ’n lorrie gebots?”

    Beskou dit maar gerus as ’n kompliment, want ’n platgesig-mops is ’n wenner! – Ingrid Pepler

    Is ’n mops die regte hond vir jou?

    Wil jy ’n troeteldier hê wat jou laat lag?

    Dan is ’n mops die hond vir jou. Hulle is gebore hansworse. Soek jy ’n drafmaat?

    Mopse is baie sensitief vir hitte en moet verkieslik nie baie lang ente saam met hul eienaars gaan draf nie. Wil jy ’n waghondjie hê vir jou blyplek?

    Jammer, maar ’n mopshond is nie die antwoord nie. Geen mens is vir ’n mopshond ’n vreemdeling of ’n vyand nie. Hulle maak onmiddellik vriende met almal. Hoe opleibaar is jou mops?

    Mopse val nie noodwendig in die kategorie van honde wat maklik opgelei kan word nie. Om dié rede sien ’n mens nie baie mopse by die polisie se honde-eenheid nie. Maar as ’n mops iets wil hê, kan jy hom blitsvinnig iets leer. Gril jy vir hondehare?

    Hoewel mopshonde ’n korthaarras is, kan ’n mens mops-eienaars uitken aan die laag hare op hul klere. Dit is gelukkig seisoenaal. Soek jy ’n hond met pizzaz?

    Dan is ’n mops die hond vir jou. Mopse het soveel persoonlikheid dat hulle nie weet wat om daarmee te doen nie.

    Beroemde mopse

  • Mopse het die “amptelike hond” van die Huis van Oranje in Nederland geword nadat ’n naamlose mops in 1572 die lewe van kroonprins Wilhelm gered het. Die slim mops het glo alarm gemaak toe die Spanjaarde die land in 1572 by Hemingway wou binneval en so die kroonprins se lewe gered.

  • Napoleon se vrou, Josephine, het haar mopshond, Fortune, ingespan om geheime boodskappe vir manlief te bring terwyl hy by Les Carmes gevange gehou is. Die boodskappe is onder Fortune se halsband versteek.

    Dierefeit

    Pekinese se oë pop nie uit as hulle skrik nie. Dit is wel so dat hulle oogkaste baie vlak is. As die hond daar gebyt word of ’n harde stamp kry, kan die oë uitspring. Neem die hond dadelik na ’n veearts wat inderdaad die oog kan terugdruk agter die ooglede in as die senuwees nie beskadig is nie. Pekinese was in antieke tye heilig in China en was koninklike skoothonde. Die honde is in 1860 na Brittanje geneem nadat die koninklike somerpaleis in Peking aangeval en besteel is.

    Jou worsie se rug

    Dr. Hans, ’n dierechirurg, oor worshonde se rugprobleme:

    Tussen 5 en 8% van alle worshonde sal waarskynlik rug- of nekprobleme kry waarvoor hulle geopereer moet word. Die degenerasie van die tussenwerwel-kussinkies of -skyfies is ’n ingeteelde probleem – die kussinkies verhard sodra die hond sowat drie jaar oud is.

    Met ’n stamp of ’n sprong kan die hond se tussenwer- welkussinkie skuif en dan druk dit teen die senuwee- koorde in die ruggraat. Dit veroorsaak ligte ongemak, onwilligheid om byvoorbeeld trappies te klim, swakheid in die agterbene of in erger gevalle, totale verlamming.

    Ligte simptome kan met streng rus en medisyne behandel word en regkom. As dit nie so regkom nie, word chirurgie gewoonlik aanbeveel. Gaan na ’n spesialis, nie alle gewone veeartste gaan die operasie ewe suksesvol doen nie. Sowat 95% van die operasies behoort suksesvol te wees. Dit kos sowat R7 000.

    In erge gevalle waar die kussinkie die bloedtoevoer vir te lank na die senuwee- koorde afgesny het, sal die senuwees doodgaan en die hond sal vir altyd verlam.

    Wat help? Beperk die hond se gewig, en gee hom kraakbeen-aanvuller met chondroitin (’n mens kry dit in pilvorm). Daar is niks wat die ingeteelde degenerasie kan stop nie en daar is ook geen manier om vooruit te bepaal watter honde ’n hoë risiko is nie.

    Lesers vra raad

    Lena de Klerk vra raad met kat-urine in ’n mat:

    Dis inderdaad ’n stink tammeletjie. Daar is kat-urine-neutraliserende middels te koop by veeartse en dierewinkels, maar dalk kan ander lesers raad gee oor hoe hulle die probleem opgelos het?

  • Stuur jou vrae, raad, foto’s en videos aan troeteldier@beeld.com

  • Volgende week: die labrador-apporteerhond.

    Beeld is van nou af jou en jou troeteldier se plekkie.

    Die doel van hierdie weeklikse rubriek is onder meer om uit te vind:

  • Of jy die regte eienaar is vir jou troeteldier;

  • Hoe om die regte troeteldier vir jou te kies as jy een soek;

  • Om troeteldierliefhebbers bymekaar te bring om te spog met hul oulike, pragtige en slim diere;

  • Om antwoorde te kry op vrae waaroor jy wonder;

  • Om interessante feite oor troeteldiere kort en lekker te lees;

    Ons sal met telers, veeartse, diereafrigters, dieresielkundiges en almal praat wat ons kan help om beter eienaars vir ons troeteldiere te wees.

    Elke week bespreek ons ’n spesifieke soort troeteldier. Dit kan wees ’n honde-ras, kat-ras, voëlsoort, rotte, muise, slangsoort, perde, varke, konyne of wat ook al mense wil troetel.

    Ons sê ook elke week oor watter troeteldier ons die volgende week gaan skryf, sodat troeteldiereienaars ’n hele week het om vir ons foto’s van hul diere te stuur en ietsie oor hulle te vertel (in sowat 150 woorde). Stuur dit na troeteldier@beeld.com.

    Dié foto’s word dan gepubliseer of op hierdie blad en op www.beeld.com. Kliek op troeteldiere in die regterkolom.

    Jy kan ook vrae oor die spesifieke ras vra, of wenke stuur oor probleme wat jy opgelos het.

    Jy kan ook ’n video maak van jou troeteldier se oulike toertjies of stoutighede of speletjies of eienaardige gedrag en stuur dit met ’n geselsie oor hom ook na troeteldier@beeld. As jy nie toegang tot e-pos het nie, stuur ’n SMS aan 083 708 3366.

    Voorstelle welkom.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |