Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Labrador is ware vriend
Feb 15 2008 07:42:46:453PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Daar is 'n spreekwoord wat lui: "'n Mens kan nie geluk koop nie". Wie dit ookal uitgedink het, het vergeet van klein hondjies. Foto: August du Preez, Trafalgar, KZN

Marga Ley

Die labrador-apporteerhond is die gewildste hond in die wêreld.

Hul wonderlike geaardheid, intelligensie, lojaliteit, ingebore begeerte om iets te doen, nuuskierigheid en aanpassingsvermoë by alle situasies maak dit geen wonder dat die meeste hondemense in die wêreld hulle kies as dierevriend nie.

'n Labrador is eers volwasse op drie jaar, anders as die meeste ander honde wat op twee al volwasse is.

Hulle het baie energie en het dus oefening en goeie opleiding nodig. Hulle is maklik om op te lei en blom onder aandag.

Al die eienskappe maak hulle uitstekende werk- en geselskaphonde. Hulle is die ideale honde om gestremdes te ondersteun.

Kinders en labradors is ook 'n goeie kombinasie - die hond is gek oor enige speletjie en mal oor water. Hy het 'n digte "waterdigte" onderlaag hare, wat gereeld geborsel moet word.

Pas jou labrador se ore op - hul flop-ore hou baie keer warm, nat, lug binne en dit veroorsaak infeksie.

Die ander gevaar vir labradors is vetsug, veral omdat hulle 'n gesonde eetlus het en mense dit net nie kan weerstaan om hierdie wonderlike dierevriend (te veel) lekkernytjies te gee nie.

Die ras het ook las van heup- en elmboog-verplasing, en daar is ook 'n risiko van knie-probleme.

Daar is swart, geel en sjokolade-labradors.

  • 'n Labrador, Endal, 'n werkhond van Engeland, is aangewys as die hond van die millennium en ook as die hond met die meeste toekennings.

  • Oud-pres. Bill Clinton het Buddy en Seamus gehad en die Russiese president, Vladimir Putin, het vir Koni.

  • Avon en Ned is die twee labradors uit die 1880's wat gereken word as die voorouers van alle modere labradors.

    Volgende week:

    Katte, veral skilderkatte (tortoiseshell). Stuur foto's en video's na troeteldier@beeld.com en vertel ons wat maak jou kat besonders. Besoek ook www.beeld.com vir nog foto's en video's.

    Bronne:

    www.nextdaypets.com
    http://en.wikipedia.org/wiki/Labrador_Retriever
    www.akc.org/breeds/labrador_retriever

    Volgende week:

    Katte, veral skilderkatte (tortoiseshell) Stuur foto's en video's na troeteldier@beeld.com en vertel ons wat maak jou kat iets besonders. Besoek ook www.beeld.com vir nog foto's en video's.


    Bronne:

    www.nextdaypets.comhttp://en.wikipedia.org/wiki/Labrador_Retrieverwww.akc.org/breeds/labrador_retriever

    Lesers vra raad

    Irma vra: My siberiese husky van 'n jaar oud het 'n vergrote hart en 'n waterpens. Die veearts sê sy het net drie maande om te leef. Is daar iets wat ek kan doen, sy is 'n liefdevolle maat.

    Het jou veearts reeds 'n elektrokariogram en 'n hartsonar gedoen en die vloeistof in die maag ontleed?

    Indien nie, kan hy nog nie doodstydings uitdeel nie. Die toetse kos sowat R2 000.

    Daar is verskeie medikasie beskikbaar vir hartversaking. Dit laat die hartspier sterker saamtrek sodat bloedsirkulasie verbeter wat die opdam van vloeistof voorkom.

    Anel Smit het twee worskinders. Levi is 3 jaar oud en het 'n probleem met sy anale klier. Dit dreineer van tyd tot tyd en stink geweldig. Sy wil weet of dit uitgehaal kan word.

    Haal dit uit, sê dr. Hans. Dit sal geen skade doen nie. Die klier is 'n oorblyfsel van 'n hond se oerouers wat dit gebruik het vir gebiedsafbakening. Dit is 'n algemene probleem dat die klier verstop raak. Dit kan van tyd tot tyd - dit verskil van hond tot hond - deur 'n veearts uitgedruk word, maar die beste is om dit te laat uithaal.

    Nicky Smit van Pretoria sê as hul worshond opgewonde raak naby hul kinders se babaseuntjie, dan skei hy 'n vreeslike slegte reuk af.

    Dit is hoogs waarskynlik dieselfde klier as waarvan ons hierbo praat. As die hond opgewonde raak, dan trek sy anusspiere saam en skei hy bietjies van die stink afskeiding af.

    Hyla Olivier se hondjie is onlangs dood weens diabetes. Sy vra: "Kan jy dalk sê of ons iets verkeerd gedoen het met haar voeding of wat is die oorsaak dat 'n hond diabetes ontwikkel. Sy was ses jaar oud. Pure dierbaarheid, maar ek weet nie watter ras nie."

    Diabetes in honde ontwikkel as 'n siektetoestand waarin die hond óf 'n gebrek het aan insulien weens ?n abnormaliteit van die pankreas, óf daar is 'n weerstand van die liggaam teen insulien.

    Nie een van die soorte diabetes sou die eienaar kon voorkom word nie, sê dr. Hans. Voedingsbeheer is deel van die plan om die toestand te bestuur, maar dit kan nie voorkom nie.

  • Dr. Hans is 'n dierechirurg.

    Wenk:

    Marie Nel gee dié wenk oor kat-urine in 'n mat: "Biotex opgelos in koue water verwyder die reuk heeltemal. Spons die plek af met die oplossing, laat dit 'n rukkie staan en spons af met skoon water. Skynbaar breek die Biotex die stof in die urine af wat die reuk veroorsaak."

    Klik hier vir foto's van lesers se troeteldiere.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |