Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


My naam is tortie
Feb 22 2008 04:13:44:207PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Marga Ley

Natuurlik het jou skilderkat of driekleurkat (tortoise shell of calico) persoonlikheid! Terwyl hulle nie twak vat van kabouters nie kan hulle ook die liefde vanself wees - wanneer hulle so besluit.

Maar, o wee, as hulle in 'n slegte bui is. . .dan moet man en muis 'n versigtige draai loop.

Torties (soos hulle liefderyk genoem word) is dus baie spesiale katte, hoewel hulle nie 'n ras op hul eie is nie. 'n Mens kry skilder- of driekleurkatte in 'n hele paar opregte katrasse, maar op hul eie is hulle nie 'n erkende ras nie.

Die klassieke skilderkat se hare is rooi en swart deurmekaar gemeng, nie in afsonderlike kleurkolle nie. Dan is daar die skilderkat met wit.

Daar is 'n hele klomp ander variasies soos torties met strepe, grys torties, rooi torties en selfs siamese torties.

Die driekleurkat (calico) is net so algemeen.

Die meeste torties en driekleure is wyfies - net so 1 uit elke 3 000 is 'n kater, maar dié is gewoonlik steriel. Die haarkleur in katte is kompleks en word deur 'n hele paar gene bepaal. Die rooi en swart van die klassieke tortie is dominant en kom net op die X-chromosoom (vroulike) voor. Die katte kan lang of kort hare hê.

Mense wat glo die kat se haarkleur verander oor die jare, is verkeerd. Elke haar bly van geboorte dieselfde kleur.

Daar word gesê as jy van 'n tortie droom, sal jy gelukkig wees in jou liefdeslewe en as jy van 'n driekleurkat droom, sal jy goeie vriende maak. 'n Rooi- of gemmerkatdroom bring finansiële geluk en sakebedrywighede. Drome van 'n strepieskat bring geluk na die huis en vir almal wat daarin woon.

Huiskatte (Felis catus) kom al van pre-historiese tye, waarskynlik van 10 000 jaar gelede. Katte is in die jare voor Christus hoog gewaardeer as vernietigers van peste. In antieke Egipte is hulle gebruik om te jag en selfs vereer. Daarenteen is katte in die Middeleeue gevrees en as hekse gemartel en verbrand.

VOLGENDE WEEK: Sfinkse - die lelikste of die mooiste? Laat weet wat dink jy van 'n haarlose kat en stuur foto's en video's.

Dierefeit

'n Amerikaanse marmot, Sooty, hou die Guinness-wêreldrekord dat hy die marmot is wat die meeste Valentynskaartjies ooit ontvang het. Sooty bly op 'n plaas en het een nag uit sy hok ontsnap. In die twee dae wat hy op vrye voet was, het Sooty by al 24 wyfies op die plaas gekuier. Op die ou end was hy die pa van 43 baba-marmotjies. Die storie was in die koerant en op Valentysdag het mense vir Sooty 206 kaartjies gestuur.

Bron: Troeteldiere - 'n Gids vir beginners deur Jaco Jacobs

Wenk

Die eerste vier maande van 'n hondjie se lewe is geweldig belangrik wat betref sy toekomstige gedrag. Hulle is besonder lus vir leer in dié tyd. Tussen 5 en 18 maande skuif hul belangstelling van jou na alles om hulle. Dit is in dié tyd dat jy geduldig en veral konsekwent moet optree in kort en interessante opleidingsessies. Van 18 tot 36 maande word hulle volwasse en word hul sosiale stand in die hiërargie vir hulle belangrik. Dis dan wanneer allerlei gedragsprobleme na vore kom.

Bron: Good Dog - Modern Training Methods deur dr. Quixi Sonntag

Vrae

Lees volgende week onder meer hoekom jou hond skielik op snaakse plekkie urineer. Ongelukkig kon ons kenners nie die antwoorde op lesers se vrae aan ons stuur nie - daarom sal daar volgende week 'n dubbeldosis vrae en antwoorde wees.

Kyk na foto's van mense se troeteldiere

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |