Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Diere-rubriek
Marga Ley Dieregedrag Anita van Niekerk: Ons het ’n agt weke oue Yorkshire-terrier en ons probeer hom leer waar om sy besigheid te doen. Ons het al ’n hele klomp metodes probeer – soos om sy neusie daarin te druk en hom op die neus te tik; of om met ’n koerant of tydskrif agter hom op die vloer te slaan. Hou op om hom te straf – geen meer neusie-indruk nie, koerantpapiere, skrikmaak, raas – dit sal nooit help nie maar eerder die probleem vererger. Honde leer op ’n jong ouderdom die korrekte oppervlakte-voorkeur vir ontlasting en urinering – hulle assosieer die aksie van uitskeiding met ’n spesifieke soort oppervlak soos teëls, grond of gras. As hulle nie van kleins af altyd op die regte plek neergesit word wanneer hulle ’n nood het nie, kan hulle nooit die regte voorkeur aanleer nie. As hulle eers geleer het dat dit moontlik is om op enige plek hul besigheid te doen, neem dit baie tyd en geduld om daardie voorkeur te verander. Om die voorkeur te verander – hou die hond die hele tyd dop en neem hom na die regte soort oppervlak wanneer hy pas geëet, gespeel, wakker geword het of lyk of hy iets wil doen. Maddalaine: Ek het ’n miniatuur-worshond. Die probleem is ek het Lulu’tjie grootgemaak in ’n woonstel waar sy haar “ding” gedoen het in die stort op ’n matjie. Ons het getrek na ’n huis met ’n tuin, maar nou urineer sy op die mat in die TV-kamer. Lees ook die antwoord hierbo. Jou hondjie moet eers toegelaat word om op haar huidige voorkeuroppervlakte (die stortmatjie) haar ding te doen. Skuif dit dan geleidelik na buite tot sy dit langs die mat buite op die gras of grond begin doen. Jy kan selfs die mat al hoe kleiner sny tot sy dit rondom begin doen. Jy kan ook van die mis buitentoe neem en dit op die voorkeurplek neersit om haar soontoe te lei. Belia Liebenberg: As ek my honde se leiband afhaal of die huis se deur oopmaak, hardloop hulle sonder ophou. Jy kan maar roep, maar hulle kom nie terug nie. Jy moet agter hulle aanhardloop. Hoekom? Honde doen wat ook al in hulle guns tel – enigiets wat vir hulle lonend is. Die reuke en aktiwiteite buite in die straat is baie meer interessant as tuis, dus is hulle motivering om uit te storm baie groter as hulle motivering om tuis te bly. As hulle gereeld beloon word omdat hulle terugkom wanneer hulle geroep word (aanvanklik onder maklike omstandighede waar die wegbly-motivering nie so groot is nie), en as hulle hul eienaars sien as die enigste bron van goeie honde-dinge (kos, aandag, speelgoed) sal hulle eerder terugkom as hulle geroep word. As jy elke keer agterna hardloop wanneer hulle uitstorm, dink hulle dat jy saamspeel. Eintlik versterk jy net die gedrag. Hou hulle liewers aan leibande of maak hulle iewers toe wanneer die hek oopgaan totdat hulle geleer het om te kom wanneer hulle geroep word. Wys jou honde dat jy die bron van alle waardevolle items is deur hulle te laat sit vir alles wat lekker is, anders kry hulle niks nie. Volgende week: Papegaaie Dierewenk Moet nooit anti-parasietmiddels wat vir honde bedoel is op katte gebruik nie. Katte is nie in staat om die gif te verwerk wat honde kan verwerk nie. Katte vrek as daar byvoorbeeld honde-vlooigif op hulle gebruik word. Moet ook nie middels waarmee luise op mense se koppe gebruik word op diere gebruik nie. Kyk na foto's van lesers se troeteldiere.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|