Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


'n Leeftyd se plesier
Mar 14 2008 03:29:12:447PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Marga Ley

Om 'n papegaai as troeteldier te kies, is nie net 'n verbintenis vir 'n leeftyd nie, dis 'n veeleisende, aandagvergende, tog hoogs belonende uitdaging.

Hulle is verreweg van die intelligentste voëls wat daar is en vereis daarom heelwat aandag.

'n Volwasse African Grey se intelligensie word vergelyk met dié van 'n kleuter. Navorsing met African Grey's het bevind dat dié voëls nie net woorde namaak nie, maar inderdaad die betekenis snap en dit reg gebruik. Hulle moet voortdurend gestimuleer word met interessante speelgoed, beweging om hulle en veral persoonlike aandag. Hulle kan verveeld en neuroties raak as hulle net in 'n hok moet sit. Dit is 'n langtermyn onderneming omdat hulle tot 60 jaar oud.

Die navorsingsvoël Alex kon ingewikkelde vrae antwoord soos: "Hoeveel rooi blokkies is daar?" 'n Ander African Grey, N'kisi, het 'n woordeskat van sowat 1 000 woorde gehad en kon woorde maak en in konteks gebruik.

Papegaaie het nie stembande nie en maak geluide deur wind deur die mond van 'n vertakte lugpyp te blaas.

Kaketoes en Eclectus-papegaaie is ook gewild in Suid-Afrika en word selfs nog ouer. Hulle het sterk persoonlikhede en van kleins af moet jy as eienaar sorg dat jy in beheer is - dus bo-aan die pecking order.

Eclectus-papegaaie is spelerig, netjies en kan maklik toiletmaniere geleer word. Hulle is avontuurlustig en wil nuwe dinge ervaar en mense ontmoet.

Mnr. Jacques Conradie, 'n leser van die troeteldierrubriek, sê dit is wreed om enige papegaai net op 'n dieet van sonneblomsaad en grondbone te hou. "Dit is die oorsprong van die meeste papegaaie se gesondheidsprobleme."

Veral die Eclectus moet organiese voeding kry wat hoofsaaklik uit groente en vrugte bestaan. Groente wat hoog in beta-karoteen is, is besonder goed, sê Conradie.

Sjokolade, avokadopeer, kafeïen, alkohol, appelsade, sampioene, melkprodukte, knoffel, uie en sout is gevaarlik vir jou papegaai.

Maak seker jou papegaai is wettig en nie êrens wreed in die natuur gevang en in die land ingesmokkel nie. Tussen 1994 en 2003 is daar handel gedryf met 350 000 African Grey-papegaaie, die meeste van enige voëlspesie wat reeds op die Cites-lys vir beskermde diere is.

Sowat 4 000 jaar terug het die Egiptenare al, en later die Grieke en Romeine, papegaaie as troeteldiere aangehou. Koning Henry VIII het ook 'n African Grey gehad.

Sorg dat jou veearts sê jou papegaai is gesond en dan is daar nie veel te vrese nie. Siektes kan oorgedra word na die mens, waarvan die mees algemene papegaaigriep is, salmonella-infeksie, New Castle-siekte en voëltuberkulose.

VOLGENDE WEEK

Yorkshire-terriërs (Yorkies). Stuur foto's en video's van jou troeteldier na troeteldier@beeld.com en kyk ook op beeld.com daarna en na dié rubriek en vorige rubrieke.

Vrae en antwoorde

Barbara van der Merwe skryf: Ek sit kos uit vir die wilde voëltjies, maar nou het 'n paar die spieël op die stoep ontdek! Nou kap-kap-kap hulle na hulself ? die een outjie het hom simpel geskrik toe hy nog so kap, en tjoeps, verloor hy sy balans en val van die stormlantern af. Ek het nou die spieël toegegooi oor die ewige poefies, kapgeluide...Hoekom val hulle hulself in die spieel aan?

Dr. Dorianne Elliott van die hospitaal vir voëls en eksotiese diere antwoord: Baie van die klein tuinvoëltjies is baie territoriaal. Die pragtige voëlgesang wat jy in die oggend hoor, is eintlik die gesamentlike oorlogskrete van al die verskillende pare voëls wat ander voëls en dié van hul eie spesie waarsku om weg te bly van hul gebied.

Mannetjievoëls wat in 'n spieël kyk, sien 'n ander mannetjie voor hom sonder om te besef hy kyk na homself.

Hierdie "indringer" is vreeslik "arrogant" en elke keer as die mannetjie hom oppof om aan die indringer te wys hy moet skoert, pof die indringer hom ook dreigend op! Die mannetjie word later vies vir die nuweling se gedrag en dat hy weier om pad te gee, en daarom val hy hom (die spieël) aan om hierdie "indringer" van sy huis en sy wyfie af weg te kry.

Anoniem skryf: Nadat ons van ons Desember-vakansie teruggekeer het (die honde het tuis by die bediende gebly), het die worshondjie Tess oornag baie siek geword en dit is toe deur die veearts gediagnoseer as katgriep. Sy is die volgende dag oorlede, en tot vandag toe kan ons nie verstaan wat dit kon veroorsaak nie aangesien ons in 'n gholflandgoed bly en die honde nie eens voor in die tuin kom nie.

Dr. Hans van der Zee, veearts en dierechirurg, antwoord: Die virus wat katgriep veroorsaak kan baie lank buite die liggaam leef. Dit kan byvoorbeeld onder iemand se skoene vassit en so in ?n meer beskermde gebied soos die huis ingebring word. Dit kan dan lank daarna nog 'n hond siek maak.

JC van Rooyen, Kleinmond: Ek het twee opreggeteelde swart worshondjies van 18 maande. Waar ons bly gebeur dit soms dat 'n kruipmolletjie dan en wan sy opwagting in die tuin maak en, glo my, die twee worsies sal nie rus totdat hulle die mol uit die grond het nie. En dan lyk die area waar hulle gegrawe het soos 'n oorlogsveld en moet ons gereeld aan die kant maak.

Dr. Quixi Sonntag, veearts en dieregedragskenner, antwoord: Worshondjies is juis oorspronklik geteel om klein diertjies wat onder die grond bly te jag. Hulle gedrag is dus hoogs instinktief en dit sal baie moeilik, indien nie onmoontlik nie, wees om hulle hierdie gedrag af te leer.

'n Beter benadering sou dalk wees om van die molle ontslae te probeer raak, of hulle aktiwiteite te beperk tot 'n sekere deel van die tuin waar 'n mens dan die honde kan weghou.

Wenk

Korthaar-honde hoef nie gereeld gebad te word nie - dit droog hul velle uit. Bad hul net as hulle regtig vuil is. Borsel hulle eerder gereeld (elke paar dae). Dit is 'n goeie idee om jong hondjies van kleins af gewoond te maak aan water sodat hulle nie later bang is daarvoor nie. - Dr. Quixi Sonntag, veearts en dieregedragskenner, antwoord Marisa Atkinson van Elspark se vraag oor hoe dikwels sy haar "bokkie-hondjie" kan bad.

Dierefeit

Wanneer katte water drink, kry hulle meer water van die onderkant van hul tonge as van die bokant.

Bron: www.bestfriendspetcare.com

Kyk na foto's van lesers se troeteldiere.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |