Brood en sous
Ek kyk na oom Andries en sien vir oorle' Oupa, en Pa, en al my ooms wat so sit en brood en sous eet het ná ete.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Loketverrassings
Mar 27 2008 09:01:13:100PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Marion Holm se Cirque du Sussie is die gewildste produksie by die KKNK op Oudtshoorn.
Kobus Burger


Oudtshoorn. – Daar sit Sussie toe vir Steve ore aan! Die aktrise Marion Holm se gewilde Sussie-karakter kraai koning by die KKNK-loket. Volgens Computicket se verkoopsyfers het Cirque du Sussie teen die middel van die 14de jaarlikse KKNK die meeste kaartjies verkoop.

Tydens die Paasnaweek het Steve Hofmeyr se konserte die nr.1-posisie beklee, maar soos die fees vorder, het Sussie die bordjies verhang.

Volgens die jongste verkoopsyfers wat teen Dinsdag beskikbaar was, het Steve nie eens meer ’n plek in die toptien gehad nie. Kort op Sussie se hakke – in die tweede plek – was die Aardklop-produksie Sophia Mentz beredder haar boedel uit die pen van P.G. du Plessis. Akteurs soos Eric Nobbs, Annelisa Weiland en Henriëtta Gryffenberg is in die klugtige komedie te sien.

In die derde plek is Dowwe Dolla – Saal 10, die aktrise Margit Meyer-Rödenbeck se viering van haar tiende jaar as die gewilde, komiese karakter.

Die akteur en sanger Chris Chameleon beklee die vierde plek met Klassieke Chameleon, al het die gewilde sanger sy stembande tydens ’n vroeë oggendvertoning “beseer”.

’n Ander Aardklop-produksie, Binnelanders buiteweste, is no. 5 op Computicket se trefferlysie. Hierdie klug is geskoei op kykNET en M-Net se Afrikaanse sepie Binnelanders.

Eugene O’Neill se ’n Lang dagreis na die nag is in die sesde plek. Die regisseur Marthinus Basson het André P. Brink se vertaling van Long Day’s Journey into the Night met die akteurs Marius Weyers en Antoinette Kellermann aangepak.

Basson se ander produksie, Om soos ’n lyk te lê, is in die sewende plek. Dit is ’n Afrikaanse vertaling deur Saartjie Botha van die Russiese Presnjakof-broers se absurde komedie.

Shaleen Surtie-Richards is in die agtste plek met Shirley Valentyn – die soveelste vertaling van ’n wêreldbekende drama. Hennie van Greunen het Willy Russel se Shirley Valentine vertaal en oorgeskryf. Dit is nou verplaas na Bellville propvol Kaapse humor.

Surtie-Richards het Dinsdagaand ’n riller van ’n vertoning gehad toe haar lapelmikrofoon aanhoudend ophou werk het. Gevolglik het Van Greunen die produksie gestop met die versoek dat die tegniese span tien minute nodig het om die mikrofoon te vervang.

Die jeugdrama Breinbliksem, ’n verwerking van Fanie Viljoen se jeugroman, is in die negende plek. Van Greunen is ook die regisseur van hierdie drama met die verhoogregisseur Albert Maritz se seun, Viljé, in die rolverdeling.

Amanda Strydom – Kerse teen die donker beklee die tiende plek. Die vertoning is ook die bekendstelling van Strydom se jongste CD, Kerse teen die donker. Sy deel die verhoog in hierdie produksie met onder ander Cutt Glas.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |