Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Aandag, aandag, aandag en liefde- dis wat Rotties nodig het.
Marga Ley Groot, sterk, kragtig met 'n breë bors, lyk Rottweilers of hulle 'n mens sommer vir pret voor brêkfis sal opeet, maar in hul harte is hulle liefdevolle skoothondjies wat floreer op aandag. Dit neem egter nie die verantwoordelikheid weg waartoe jy jou moet verbind voordat jy een van hierdie reuse koop nie. Dit is 'n ras wat nie aangeskaf moet word deur mense wat toelaat dat hul diere hulle regeer nie, want jou Rottie sal oorneem. Dis 'n intelligente dier wat graag leer en dapper en lojaal is. As jy hom liefde, aandag en dissipline gee, sal hy jou sy lewe gee. Letsie Fischer, 'n Rottweiler-teler van Pretoria, se raad aan voornemende kopers is: "-Besef dat daardie hondjie wat soos 'n klein beertjie lyk op 8 weke, 'n volwasse hond van 45 tot 55 kg gaan word. Jy moet bereid wees om die klein Rottie te sosialiseer en self vir opleiding te neem sodat julle 'n wedersydse verbintenis kan smee." Volgens Fischer kom Rottweilers van nature goed met kinders en oumense klaar. Sy beklemtoon dat die hond fisieke en intellektuele stimulasie nodig het. As teler laat sy die Paffenberger-kleinhondjietoets doen, sê Fischer. "Tydens die 'toets', wat geen hondjie kan 'dop' nie, word sy sosiale karakter, aanpasbaarheid, opleibaarheid, gewilligheid om met die nuwe eienaar saam te werk, hoe gevoelig hy vir aanraking is, sy gehoor, ensovoorts, bepaal. "Hieruit is dit vir ons duidelik watter hondjie is meer dominant, aanhalig of onafhanklik en dan probeer ons die voornemende eienaar en die woef bymekaar te pas." Fischer sê mense moet onthou daai oulike klein hondjie is nie "'n speelgoedmotortjie wat jy in die kas kan gooi en van hom vergeet as jy moeg gespeel is nie". In Southern Africa's Dog Directory 2007 word oor Rottweilers gesê mense moet nie die hond se krag onderskat nie. Die hond moet nie beheer word deur kinders of mense wat tingerig gebou is nie, en veral nie deur diegene wat met 'n aggressiewe waghond wil spog nie. Gesondheidsprobleme met Rottweilers is met die heupe en elmboë, groeipyne, Von Willebrands-bloedsiekte en 'n maag wat draai in die ingewonde en sy dood kan veroorsaak. Onthou: 'n Ongeleerde en ongedissiplineerde Rottweiler kan gevaarlik wees. Volgende week: Slange Stuur foto's, video's en vertellings van jou troetelslang na troeteldier@beeld.com. Antwoorde Vinette de Necker vra: Ek wil graag meer uitvind oor Siamese katte se natuur. My kat is gedurig op die meubels of op my bed besig om te speel en haar self te vermaak, maar die oomblik wat ek met haar wil speel, raak sy effens aggressief. Sy krap en byt my gedurig, dis asof sy nie wil hê ek moet haar streel of bietjie met haar speel nie. Doen ek iets verkeerd? Jong katte van alle rasse leer gewoonlik by hulle werpselmaatjies en ma om mooi sagkens te speel en nie seer te byt nie. Soms word katjies te vroeg gespeen en dan het hulle nog nie hierdie vaardighede geleer nie. Die maklikste raad is om nie met jou hande met haar te speel nie, maar eerder met 'n speelding. Jy kan ook oor die verloop van 'n paar weke die kat desensitiseer vir aanraking - beloon haar met klein, smaaklike lekkernye wanneer sy 'n klein aanraking toelaat en bou dit geleidelik oor verskeie oefensessies op na meer en meer hantering. Jy moet egter baie geduldig wees en nie aan haar vat buite die opleidingsessies nie. M. van Wyk skryf: My miniatuur-worshondjie is 'n bedorwe brokkie! Hy het drie huise en is nooit alleen nie omdat hy skeidingsangs kry. Hy het nou begin om skielik te hardloop - van die voordeur om die huis, terug, elke keer op dieselfde paadjie, oor en oor. Hy gee kort-kort sulke opgewonde tjankies. Mens kan hom probeer stop, raas, soebat, koekies uitdeel dit lyk of hy onbewus is van enigiets om hom. Dit kan 'n paar keer 'n dag 'n halfuur aanhou. Dit klink soos 'n vorm van jaggedrag onthou dat die honde geteel is om klein diere in die grond op te spoor en te jag. Daar kan ook 'n element van kompulsiewe gedrag teenwoordig wees. Sulke skynbaar doellose, gedrag is gewoonlik as gevolg van een of ander vorm van frustasie of angs. As hy wel skeidingsangs het, moet dit behandel word dit help nie om hom net nooit alleen te laat nie. Angs word gewoonlik erger as die omgewing verander, so die drie huise kan deel wees daarvan. Dink daaraan as 'n siektetoestand as dit nie behandel word nie, word dit erger en dit is moontlik dat hierdie kompulsiewe gedrag 'n uitvloeisel daarvan is. Jou hondjie sal baie baat by die regte medikasie, asook 'n paar basiese tegnieke om gedrag te verander. Vrae beantwoord deur dr. Quixi Sonntag, veearts en dieregedragskenner. Carol Borche skryf: Ek het sewe katte, en een van hulle maak die lewe baie moeilik vir my. Ek koop katsand vir my katte en ruil die sand elke week omdat ek weet dat katte nie hou van vuil of nat sand nie. My een kat, Spook, gebruik egter die sandboks net die eerste twee of drie dae, daarna piepie hy op die mat. Of hy sal bv. teen die gordyn piepie (hy staan agterstevoor met sy boude na die gordyn se kant). Dit is 'n mannetjieskat en hy is gesteriliseer. Die urine het 'n baie sterk, onaangename reuk. Ek het hom al selfs gevang dat hy bv. op 'n tydskrif of een van hulle speelmuise piepie. Dis asof hy vir my iets wil sê hiermee, maar ek verstaan nie wat nie. Dr. Quixi Sonntag, veearts en dieregedragskenner: Katsand behoort elke dag skoongemaak te word en ten minste een of twee keer per week vervang te word, en die formule vir die hoeveelheid sandbokse is een vir elke kat plus nog een (dus 8 in jou geval) - versprei deur die huis en op stil plekke waar die katte privaat kan voel. As die sand skoner is, is ek seker dat Spook meer sindelik sal wees. Daar is egter ook ander redes vir uriene-merkgedrag en dit kan wees dat sosiale spanning ook 'n rol speel - veral in 'n huishouding met baie katte soos by jou die geval is. Meer sandbokse, meer eetplekke en meer verskillende, private slaapplekke sal help, veral as jy hierdie verskillende opsies op verskillende vlakke kan aanbied (jy moet dus meer gebruik maak van vertikale spasie). Moet nie lugverfrissers gebruik nie, maar kry Feliway by die veearts (dit is 'n kat-feromoonproduk) en spuit dit ook op die plekke waar jy skoongemaak het. Dit skrik nie die kat af nie, maar laat die kat rustiger voel sodat hy nie die behoefte het om daar te merk nie. Kry ook een of meer Feliway-'diffusers' wat jy by 'n muurprop kan insit om pal die 'rustige' katferomoon af te skei. Verdere behandeling kan deur 'n veearts voorgeskryf word.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|